Miljoene geëis ná kind by verkeerde bushalte afgelaai word

Adrena Hartzog en haar dogter, Zariah (Foto: New York Post)

ʼn Ma van Brooklyn, New York, wat sê haar vyfjarige dogter is by die verkeerde bushalte afgelaai, eis nou $7 miljoen (meer as R92 miljoen) van die busmaatskappy.

Volgens ʼn berig deur die New York Post beweer Adrena Hartzog (28), die ma van die vyfjarige Zariah, dat Boro Transit geweier het om na haar klag te luister oor die voorval of om die bestuurder te identifiseer. Die voorval het reeds in 2015 plaasgevind, toe Zariah nie by die bushalte opgedaag het nie.

Hartzog het herhaaldelik haar dogter se skool gebel, maar niemand kon vir haar ʼn antwoord gee nie. Sy het daarna haar dogter as vermis aangemeld by die polisie. Zariah is later 10 blokke verder by ʼn besige kruising, sonder ʼn verkeersbeampte, gevind.

Boro Transit het in daardie stadium gesê die busbestuurder “het ʼn guns vir ʼn ander ouer gedoen” deur ʼn ander kind nader aan ʼn grootouer se huis af te laai. Dis nie duidelik wie dié kind is en hoe die “guns” daartoe gelei het dat Zariah by die verkeerde bushalte afgelaai is nie.

Hartzog voeg by haar dogter, wat vroeër ʼn sprankelende persoonlikheid gehad het, is nou depressief en angstig nadat medeskoliere haar ná die voorval “die verlore hondjie” begin noem het.

Om ʼn kind by ʼn “ongemagtigde” halte af te laai, is ʼn oortreding van New York se riglyne vir skoolbusbestuurders en dit kan lei tot ʼn sesmaandeskorsing vir ʼn eerste oortreding.

Die hofsaak kom nou voor in ʼn hof in Brooklyn. Die departement van onderwys ondersoek ook die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

No ·

Reg so! Die angs wat die ma en kind moes deurmaak. Maar $7mil…

Piet Snot ·

$7m: klink vir my omtrent gelyk aan die skade wat sy gely het (sarkasties).
Die gedagte agter ‘n hofsaak is om skade wat gely is, te vergoed (dis soort van weggesteek in die woord ‘skadevergoeding’, is dit nie). Nie ‘n ‘get rich quick’ kaartjie nie!

Karen ·

bwa-ha-ha, dis darem ‘n walglike belaglike eis, maar dis die VSA, ne? Ek kan nie myself beheer nie, McDonalds maak te lekker kos, hulle moet my vergoed oor ek vetsugtig en “obese” is

Onnie ·

Klink vir my na ‘n gierige ouer of prokureur wat uit hierdie situasie probeer ryk word. Be careful what you wish for – God is not sleeping on the job, he knows your intentions

Danie ·

Watter ouer wat sy /haar sout werd is laat ‘n 5-jarige kind alleen op ‘n bus ry. Dit maak nie saak dat dit ‘n skoolbus is nie. Dit maak nie saak dat daar to dalk toesighouers is nie. Dit is moeilikheid wat nog net ‘n plek soek om te gebeur. Ek ouers wat so maak sal natuurlik ander soek om te blameer. Sien dan is die mos nie meer my probleem nie.

Penellope Jones ·

Ek verstaan dat die ouer wil eis maar hoekom SO baie???

Justice ·

Eenvoudig Penelope – laat hierdie ma `n goeie voorbeeld stel om sulke nalatigheid in die toekoms te voorkom. Daar is egter geen geldwaarde aan `n lewe te koppel nie – veral nie die van haar 5 jarige kleuter nie – dit mag egter die maksimum bedrag wees wat die Amerikaanse regstelsel aan `n lewe koppel. Sy behoort vir baie meer te ge-eis het.

aggg ·

Danie, het jy al daaraan gedink dat die ma waarskynlik enkel ouer is en nie ‘n motor het nie? Moenie so vinnig oordeel nie ou maat.

Die vrou eis R7m waarskynlik om die busmaatskappy ‘n les te leer. Sy mag dalk nie die volle bedrag kry nie maar ek dink sy gaan die boodskap “loud and clear” oorgedra kry.

Lw ·

Mense, die ouer besluit nie die bedrag nie, die bedrag word aanbeveel deur prokureurs, begin gewoonlik op n baie oe getal, en word so minder en minder, die bus maatskapy sal 10/1 skik vir omtrent tussen $900 000 – $1.2mil. So verseker die lawyers dat sy nogsteeds n goeie bedrag kry.

Good for you! ·

Hoop jy word elke sent betaal!
Hoe word n kind net afgelaai? En dit nog by verkeerdr plek! Busdiens moet betaal.
Hoekom het kind bus gery? Miskien is die ma enkellopend en het sy 3 werke om haar gesin te onderhou. Daarom vertrou sy haar kind met n SKOOLBUS. .. Hier by ons word kinders in Taxis geprop en kom hulle nooit by die huis uit nie!

My kind is al op n skooluitstappie saam maats geld in die hand gestop en aan hul eie genade oorgelaat! Ons was woedend yoe ons daarvan uitvind. Was by skool beheerliggaam…wat ook net hul skouers optrek! Miskien moes ons ook dit hoftoe gevat het!

bgj van der westhuizen ·

daar om is daar beter diens lewering as in suid afrika wand die mense gaan hof toe en maak seker mense doen hulle werk waar voor betaal word en maatskappy loop nie die mense in nie wand hulle sal betaal dit is verseker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.