Miljoene kyk na man wat dieregeluide namaak

William Jafta (skermskoot uit die video)

William Jafta (skermskoot uit die video)

ʼn Video van ʼn man in Kaapstad wat dieregeluide kan namaak, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die gebruiker Chris Schofield het die video op YouTube gelaai.

Intussen het eNCA die talentvolle man se naam bekend gemaak as William Jafta, oorspronklik van die Paarl, maar wat nou in Kaapstad bly. Hy het aan eNCA gesê hy het ʼn paar jaar gelede ʼn voedingskema vir jeugdiges op die been gebring en hy boots die dieregeluide na om geld in te samel vir dié skema. Klik hier om meer te lees.

In die video boots hy onder andere ʼn hoenderhaan, skaap, babahondjie, tortelduif, eend, donkie, kat en perd na.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

faith ·

Wil se dit is goed gedoen en om sy talent te gebruik vir insameling vir geld vir ‘n goeie doel nog beter. wens iemand kan vir hom n vaste werk gee op verhoog of tv

ANDRE ·

Weet van n klomp mense wat soos n donkie klink en “baie” belangrike poste losgeslaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.