Miljoene kyk video van vreemde kreatuur

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou was verstom toe sy Sondag beeldmateriaal van haar veiligheidskameras nagegaan het en glo ʼn vreemde kreatuur in haar oprit gesien het.

Die video is al byna 10 miljoen keer op Facebook gekyk en byna 30 miljoen keer op Twitter.

Vivian Gomez, van die VSA, het gesê sy het nie ʼn idee wat dit kan wees nie. “Ek het eers die skaduwee gesien en toe dié ding gesien. Het enigiemand anders dit ook op hulle kameras gesien?” wou sy weet. Volgens haar het twee ander veiligheidskameras “vir een of ander rede” nie die voorwerp afgeneem nie.

Sommige sosialemediagebruikers meen dit is ʼn poets en hulle verwys na ʼn tweede weerkaatsing in die raam.

Inside Edition het met ʼn forensiese videoanalis, Conor McCourt, oor die video gesels. “Dit kan baie dinge wees. Veiligheidskameras veroorsaak soms ʼn spookagtige effek.” Hy sê infrarooi kan soms misleidend wees. “Ek vermoed dit is ʼn kind,” het hy verduidelik. “Ek sien ʼn groot weerkaatsing op die kop. Dit kan poniesterte of iets anders wees.”

McCourt is nie oortuig dat die video ʼn vervalsing is nie. “Ek sien ʼn normale video. Daar is niks wat daarop dui dat iemand daarmee gepeuter het nie.”

So I woke up Sunday morning and saw this on my camera and am trying to figure out…what the heck?? First I saw the shadow walking from my front door then I saw this thing….has anyone else seen this on their cameras?? The other two cameras didn’t pick it up for some reason.

Posted by Vivian Gomez on Thursday, June 6, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

PaulV ·

Ek het nie geweet daar is klank op veiligheidskameras nie? Hierdie video is beslis gedokter. Kyk in die eerste paar sekondes; daar beweeg ‘n skaduwee in en weer uit wat soos ‘n person lyk, regs onder oor die hoek van die video, voordat die ‘kind’ verskyn. Dit is al wat in die video beweeg. Nie ‘n enkele kar beweeg nie.

Gordon ·

Ek weet nie wie het al Harry Poter gekyk nie maar ek is vas oortuig dis Dobbey

Kwaaitjie ·

Harry Potter gave Dobby a sock.
Harry Potter freed Dobby

Snip ·

Jinne, lekker lag ek nou vir Koos en Gordon. Dit lyk nogal soos iets uit Harry Potter se flieks. Kyk net hoe snaak stap die dingetjie. LOL

Louis ·

Wat dit okal is moet asb vir my leer hoe om so te dans ????????

Amanda ·

Dit kan defnitief nie ‘n kind wees nie want dit loop te snaaks om n kind te wees. Dit lyk soos iets uit die bose. Is dit in die vrou se erf? Ek sou BAIE bekommerd gewees het as dit wel was en ek SY was. Daar loop ET’S in haar erf rond terwyl sy slaap. Slaap wakker vrou. Hulle gaan jou wegdra. LOL.

Jessica ·

it’s a little boy who want you to come out the house, they will attack you once you out, he painted himself with shoeshine, there is no way in hell i go outside. This is a catch be careful.

Snaaksie ·

Lekker lag ek nou! Ja wragtag, as hy ooit moes lyk, het hy so gelyk! Hahaha!

Annie ·

Tant Koek sou daardie hoenderhaan op die kerktoring vasgemaak het. Arme tant Koek.

Lougie ·

Ek dink dis ñ dronkie wat verdwaal het op pad huis toe van ñ kostuum party af. Ek het so gehoop dis ñ alien, maar nie met daardie snaakse passies nie. Aliens is vreeslik ernstig ????

Leser ·

Net mooi hoog genoeg om n bier uit die yskas te haal en vir my aan te gee

Gemmer ·

Sy maak maar net geld uit die video hits, waars die res van die video.. seker n laaitie wat skelm vir haar dogter gaan kuier het….

Kom nader ·

Bring ‘n paar SA toe en misdaad verdwyn soos mis voor die son.

Pieter ·

Is dit net ek,of kom julle agter dat die motors in die straat dan doodstil staan terwyl hulle ligte aan is en die een besig is om te draai? Gedokterde video!

schaun ·

Dit lyk vir my na iemand wat vir die DA gestem het en nou uitgevind het wat hy hom voor ingelaat het.

PJC ·

Moet sê ek sal nogal daarvan hou om die outjie in lewende lywe raak te loop.

Skaduweesliegnie ·

Daardie een skaduwee beweeg verkeerde kant toe. So of daar is twee, of dit is fake…

Rina Bouma ·

Daar is slim klein mensies op Ons planeet. Met hoë hakskoene kan die mensie so snaaks loop.

Frikkie ·

Miskien een van die Comrades runners wat bietjie verdwaal het ?

Charlene ·

Ek dink dis bloot deel van die bemarking vir die opkomende Harry Potter speletjie

Yolanda ·

Ek het ook nogals gedink dit lyk soos Doby van Harry Potter…

JP ·

En die skaduwee volg nie die kar se skaduwee nie soos Dobby loop. Def gedoktor.

Roberto Betta ·

Did the chicken cross the road? The suspense is killing me.

Zettie ·

Ek wens daar was smiley faces of emoji’s om by sommige mense se kommentare by te sit. Van die antwoorde hier is baie snaaks lol!!!!

Roosknop ·

Dis beslis iemand wat aangepor word deur ‘n groter skaduwee innie begin van videoclip. Dalk ET wat sy kind die aarde kom wys het.

Cathy ·

Eish ek sal ook graag die ou mannetjie wil ontmoet. Baie vragies te vra lol!

humor ·

OG die mense is darem sensaiehonger. Hoop seker op n wese uit die buitenste ruimte. Ek sien niks om oor opgewonde te wees nie, geen vreemde voorwerp, net n kind wat hom haar n bietjie laf hou.

LD ·

Vreeslike dun beentjies, ek die hoender vlerkies is te duurbaar lol!

Carin ·

Ek dink die hele video is gestage…. in die skaduwee lyk dit soos n dogtertjie wat moetswillig in stap en in die klank klink dit soos hak skoentjies wat aspris gestamp word soos sy loop , die skaduwee in die hoek bevestig dit. Asof n ouer persoon haar gesê het stap verby. En net terug staan sodat hulle nie ook gesien kan word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.