Mini-soutgewere laat vlieë les opsê

Lorenzo Magglore tydens ‘n demonstrasie-video van sy soutgewere (Foto: Skermgreep)

Suid-Afrikaners het behoorlik die beursies oopgemaak die afgelope paar maande vir Bug-A-Salt se miniatuur-soutgewere.

Vandat die produk in Augustus 2020 in Suid-Afrika beskikbaar gestel is, is daar al om en by R3 miljoen daaraan bestee.

Die gewere is ontwerp om ontslae te raak van daardie lastige vlieënde gaste wat aanhoudend ongenooid opdaag. Al wat jy nodig het, is sout en R700 om só ʼn geweer aan te skaf.

ʼn Amerikaanse kunstenaar en Chinese ingenieurspan sit agter die ontwerp van die gewilde vliegverweerder. Die gewere is egter nie nuut op die mark nie, dit het mense al aan die gons sedert die bekendstelling daarvan in 2012.

Suid-Afrikaners was gretig om hul hande op een van dié gewere te kry – voorraad was egter maar min.

Daar is ook allerhande bykomstighede wat jy saam met jou geweer kan koop. Vir ʼn ekstra R350 kan jy ʼn laservisierteleskoop saam met die insekwapen aanskaf. Sodoende kan jy verseker dat elke soutskoot in jou visier in die kol is.

Bykomende bron: Business Insider

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misky ·

Afgewaterde Jeyes Fluid werk soos ‘n bom!!!! Vee bietjie naby of rondom venstersbanke en hulle vlieg nie eens meer in die huis in nie. Ek was en spuit ook sommer weekliks naby vullisdromme en doen dit nou al 2 jaar lank en nooit werklik meer vlieë probleem nie

Frank ·

Ek verkies my stink korporasie vlieëvanger (heersende wind weg van die huis af). Trek alle vlieë in die omgewing. Geniet dit om te staan ek kyk hoe die gemorsies hulself in hulle vraatsigheid verdring en versuip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.