Missouri rig sonpaneel-paaie op

Foto: Facebook via Solar Roadways

Foto: Facebook via Solar Roadways

Die departement van vervoer in die Amerikaanse deelstaat Missouri het Donderdag gesê hy het kragte saamgesnoer met Solar Roadways om ‘sonpaneel-paaie’ op te rig op dele van die historiese roete 66 as deel van sy ‘Road to tomorrow’-inisiatief.

Tom Blair, die projekleier, het aan die Kansas City Star vertel dié projek is deel van ʼn beweging om meer eko-vriendelik te wees. “Ons hoop die sonpanele is teen die einde van die jaar in plek voordat die eerste sneeu begin val,” het hy gesê.

Blair het vertel die sonpanele is gemaak van veiligheidsglas en is sterk en baie doeltreffend. Benewens sonkrag opwek, het die panele ook LED-ligte vir sigbaarheid.

Die panele gaan glo in die middel van die pad as ‘sperstrepe’ gebruik word en sodoende die verf vervang, sowel as op aanwysingsborde.

Blair sê hoewel die aanvanklike oprigtingskoste duurder as normaalweg sal wees, is die instandhouding daarvan baie goedkoper.

Die grootste deel van die projek gaan deur skarefinansiering betaal word. Die projek het reeds $100 000 van die Federal Highway Administration en $75 000 van die VSA se departement van vervoer ontvang. Daar is ook reeds ʼn verdere $2 miljoen vir die projek ingevorder.

Die eerste sonpaneel-paaie wat gebou is, is in 2014 in Nederland opgerig en was ʼn dawerende sukses.

Bron: TNW

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Afrika ·

Dis wat hulle bereik, terwyl hier in Afrika kan hulle nie eers n basiese pad onderhou nie, hahaha.

Theresa ·

Sou wonderlik hier in sonnige Suid-Afrika werk, maar hoe gaan hul keer dat dit geplunder word?

Len ·

Jip, Teresa SA is idiaal met al die son. Maar plunderaars sal dit vir eie gebruik neem. Ekonomies, vir ekosisteem. Daar gelaat, dis als net drome

Martin ·

Ja nee sit dit vindag op suid-afrika paaie more is dit gesteel

Annemarie ·

So hartseer dat ons land soveel potensiaal het en ons net agter toe gly soos byna die res van Afrika…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.