Modehuis gebruik nou virtuele modelle

Balmain se virtuele modelle: Margot, Shudu en Zhi. (Foto: www.balmain.com)

Die bekende Franse modehuis Balmain, wat verantwoordelik is vir uitrustings vir bekendes soos Kim Kardshian-West, Gigi Hadid, Kendall Jenner, Kanye West en Justin Bieber, het onlangs aangekondig dat hy virtuele modelle vir sy nuwe reeks gaan gebruik.

Modehuise het in onlangse jare nie meer net aandag gegee aan die model nie, maar ook aan die model se invloed op sosiale media. Balmain het dit wel ʼn stappie verder geneem met totale virtuele modelle genaamd Margot, Shudu en Zhi.

Shudu, wat haar eie Instagram-profiel het met 142 000 volgelinge, word op Instagram beskryf as “die wêreld se eerste digitale supermodel”.

Shudu is geskep deur die visuele kunstenaar Cameron-James Wilson. Die publiek het aanvanklik nie geweet dat Shudu nie ʼn regte mens is nie, maar namate die belangstelling in die model gegroei het, het Wilson die waarheid onthul.

Talle mense het hul afkeer van dié neiging op sosiale media laat hoor.

“Asof skoonheidstandaarde in die bedryf nie reeds sleg genoeg is nie, moet ons nou meeding met robotte,” het een ongelukkige vrou op Instagram geskryf.

“Dit sal nooit so goed wees soos regte modelle, met regte siele agter regte oë nie. Ek hou nie hiervan nie,” het ʼn ander geskryf.

Daar is wel aanhangers van die veldtog wat meen dat dit as kuns gesien en respekteer moet word.

Balmain het dié drie “modelle” bekendgestel in ʼn plasing op Instagram waar die huis sê hierdie is slegs die eerste drie lede van sy virtuele reeks.

“Enigeen is altyd welkom om deel van Balmain te word. Hulle moet net dieselfde indrukwekkende gees en avontuur van ons virtuele ikone, wat skoonheid, styl en selfversekering weerspieël, hê,” het Balmain op sy webwerf geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

M ·

dalk haal hierdie tendend REEDS die druk af van doodgewone meisies om soos modelle te lyk…. dis n kompetisie teen n robot en nie n mens? wonder net….

Dieter ·

Mense kan jou net onder druk plaas indien jy swaksinnig genoeg is om dit toe te laat.

Nika ·

so maer en meer uitgeteer as regte modelle. Niks mooi eers aan hulle gesigte nie.

Pandora ·

Wonder altyd hoekom daardie mense so woedend lyk …… is dit oor die halwe slaaiblaar wat hulle vir die dag kry?

Pandora ·

@ cr wat bedoel jy kan hulle waterbeddens met roeispane bekostig?

martin cilliers ·

stephan hawking het ons gewaarsku moenie dit toe laat nie dit is onnatuurlik !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.