Model dalk blind ná tatoe skeefloop

Catt Gallinger voor die tatoe. Foto: Via Facebook

ʼn Kanadese model voer ʼn veldtog om ander mense te waarsku nadat ʼn oogtatoeëring skeefgeloop het. Die sig in haar een oog is wasig en ʼn pers vloeistof het daaruit gekom.

Catt Gallinger (24) van Ottawa het verlede week op haar Facebook-blad gesê sy het vier weke gelede besluit om ʼn sklera-tatoe te kry. Die prosedure verander die kleur van die wit deel om die iris (reënboogvlies) van ʼn mens se oog, berig CBS Miami.

Weke ná die prosedure het die sig in haar regteroog begin wasig word en ʼn pers vloeistof het uit dié oog gevloei. Sy het haar toe tot sosiale media gewend om ander mense te waarsku om hul “huiswerk te doen” voor hulle iemand toelaat om die prosedure toe te pas. “Ek wil nie hê dit moet met ander mense gebeur nie,” het sy gesê.

Gallinger verduidelik haar probleem is veroorsaak deur onverdunde ink, te veel inspuitings en ʼn spuitnaald wat nie dun genoeg was nie.

Sy het in nog ʼn Facebook-plasing gesê sy geen begeerte om weer modelwerk te doen nie.

Gallinger neem intussen antibiotika in ʼn poging om irritasie en swelling in haar oog te beveg. Sy kan heeltemal blind word as die behandeling nie werk nie.

Sy deel gereeld brokkies op haar Facebook-blad vir “opvoedkundige en bewustheidsdoeleindes”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Vals nuus ·

Moet nie stres nie. Sy jok en soek publisiteit. Die ink bou nie so aan op n oog nie en loop ook nie op so n manier uit die oog nie. Swak photoshop.

Sjo! ·

Wel sy wou freaky lyk en toe kry sy dit!
Min simpatie jammer….

Marinda ·

Ja nee. Dis nou die domste ding wat ek nog ooit gehoor het. Swapie jys heeltemal reg.

Johann ·

So sy wil hê ek moet jammer wees hoekom? Ons ou mensdom kan mos maar vir eens nie.die skepping los soos dit geskape is nie…wl als anners en beter hê.

Eish ·

Dit, is n feit soos n koei.
Ons lê in die bloedige son of op n sonbed om die wit te verdonker.
Die hare word “geset en tease”
Die plastiese chirurge het hul hande vol.
Pruike en haarstukke verkoop beter as mieliemeel.
Velverligters en oorlogsverf is desondanks die prys, n essensiële item.

Tjert ·

Dit is presies wat gebeur as jy Catt’jie van die baan proepbeer wees!!!

Andre Traut ·

Hoekom sal enige persoon wat die Here met verstand geseën het so iets wil doen?

MissDemeanor ·

Mens het nie “DieHerw” nodig on verstand te he nie. Maar die meisie en enige iemand anders, wat hul oog aspris met naalde beseer is verdomp onnosel

Penellope Jones ·

Genugtig, dit is aboluut malligheid om so-iets te laat doen!

Jones ·

Ek sou my wit pers gemaak het as ek kon.
Different strokes for different folks

Mooi ·

Stem nie saam nie ek like daai tatoes op haar lyf dis rerig pragtig. jammer dat die oog storie nie gewerk het nie.

spook ·

ja maar jou oog is jou oog, nee hel ek sal nie… en dan het sy nog sulke pragtige groen oe gehaad.

marlene ·

Sies magtag, dis so grillerig. Mense is van hul trollies af.

VonkProp ·

Hi poplap! Tatoëer ‘n paar breinselle op jou kop, dalk werk dit. Indien nie, probeer sing. Jou eerste treffer kan Purple Rain wees.

Penellope Jones ·

Kan die mens nie maar net tevrede wees met dit waarmee jy gebore is nie?

John ·

Is daar geen wette tov tatoeer-kunstenaars nie? Is daar ouderdomsbeperkings? Wat is die kanse vir kanker en ander oordraaglike siektes? Higiene nul? Dokters is sku om op sulke lywe te opereer. Die Bybel se die mens se liggaam is die tempel van God. Betaal hierdie kulkunstenaars ooit belasting en gee ‘n betaalstrokie, of is dit ‘n soort ‘taxi’ na ‘n permanente ‘hel’? Word daar gereeld eise teen hierdie kwakke ingestel? Waar kry hul hul opleiding en gee hulle waarborge dat die permanente kleurstowwe nie giftig is nie? Niemand dra elke dag van sy lewe dieselfde kledingstuk of haarstyl nie, maar ons sal hierdie belaglike prentjies van een mens tot in ewigheid aan ons baste verduur en om dit te verwyder laat lelike littekens en dit kos…

Rachell ·

Dankie dat jy bereid is om ander te waarsku Cat, en dit met die wete dat ander jou kan kritiseer.
Ek hoop vir ‘n en dat jou oë gesond sal word.
Sterkte!

Lafras ·

As die koppie dom is, dan moet die lyfie maar swaarkry, sê hulle altyd.

Manie ·

N mens verander nie vat God gemaak het nie tensy daar n ongeluk gebeur het en jy dat dan deur n operasie moet reg maak. Otherwise sorry borry. Hulle sal gestraf word.

SARIE VAN HEERDEN ·

Kritiek is welkom maar kom liewer met raad. Wat hierdie meisie gedoen het is een van menige dinge om jouself te laat mooi lyk. Wat van die ingeplante vals oogwimpers wat nou deur een en almal gedoen word deur leke. Jou wimpers word “ingeplant” en blopse gom word aan jou eie ooghare gesmeer wat veroorsaak dat die gewig aan jou eie wimpers te hoog is, jou eie wimpers saam met die blopse uitval en siedaar, nog ‘n floppie en jy kan niks doen aan die “kunstenaar” wat jou teen ‘n “special” van R300 befoeter het nie. Ek weet van ‘n hele paar hiervan en jy kan niks aan die mense doen nie.

BANG JAN SE VROU ·

Maroela, die baie niksseggende kommentaar beteken niks. Mense moet raad gee en een daarvan is of daar enige beheer is oor die tientalle “kunstenaars” wat nou almal op die wa spring en vanuit hul voorhuise ander mooimaak met bv die inplanting van wimpers wat ‘n groot probleem kan veroorsaak. Ek is een van hulle. Se of daar beheer oor hulle is.

Phillip Slabbert ·

Sal graag die rugkant wil sien ; kon nog geensins die sprokiesverhaal herken !

ongelooflik ·

Ek het hoegenaamd GEEN simpatie met haar nie. Nar. Daar is mense wat blind is wat WAT sou gee om net een van haar siende oë te kon hê maar vir haar is dit ‘n goedkoop eksperiment.

Verstom ·

Liewe genade dis angswekkend om te sien mense sal so ver gaan!

FRED ·

Verstommend – So n pragtige meisie, het niks ekstra nodig gehad nie. Om jou nou so te bespot – kan dit nieglo nie. Waar is jou brein. Een van die grootste sonde om dit te doen. Jou liggaam is n tempel van GOD, wat al reeds gese was. Dankie my liewe Heer dat jy my gemaak het soos ek is. Baie trots op U.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.