Moet-sien-video: Gimnaste het beoordelaars en gehoor gaande

Skermgreep uit die video

Die dansgroep Zurcaroh het hul akrobatiese toertjies op America’s Got Talent vertoon en hulle het die beoordelaars verstom en die gehoor staande gelaat.

Zurcaroh is ʼn dansgroep, gebaseer in Oostenryk, met meer as 10 jaar ondervinding op die verhoog. Hulle het 48 gimnaste, tussen sewe en 40 jaar oud, in die groep.

Onder leiding van koreograaf Peterson da Cruz Hora het dié groep al ongelooflike vertonings oor die wêreld heen gelewer.

https://youtu.be/EJjh19zO1lk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jacques ·

Absoluut fantasties . Dankie MM . Dit is soos n goed voel storie .

Spike ·

Dit is briljant, maar moet asb net nie die kinders laat val nie. Dit is bietjie te gevaarlik. Voel of hulle die noodlot tart om te vermaak.

Penellope Jones ·

Goeie genugtig! Dis absoluut wonderlik!
Daar moes verseker baie, baie ure aan repitisies spandeer word met absolute toegewyde afrigter(s), choreografie, deelnemers en ouers gebeur het nie.
Dankie hiervoor – dit is ‘n heerlike positiewe storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.