Monarg glo ‘histeries’ oor Markle se humoristiese Kersgeskenk

Engeland se Prins Harry en sy verloofde, Meghan Markle, kom by die Nottingham Academy in Nottingham, Engeland aan (1 Desember 2017). Foto: AP Photo/Frank Augstein

ʼn Paartjie se eerste Kersfees saam met die skoonfamilie is meestal ʼn senutergende ervaring – veral as een van die lede boonop die Britse monarg is.

Prins Harry se verloofde, die Amerikaanse aktrise Meghan Markle, se eerste Kersfees saam met die koninklike familie was volgens berigte egter ʼn dawerende sukses.

Markle het volgens die Britse nuuswebwerf Daily Star in elke lid van die koninklike gesin se goeie boekies beland nadat haar humoristiese geskenk aan die koningin almal laat skaterlag het.

Dié webwerf berig Markle het glo aan die koningin ʼn speelgoedmarmot gegee wat kan sing wanneer sy stert getrek word.

“Die monarg was histeries. Dit was ongelooflik snaaks – veral toe die Corgi-hondjies dit in die hande probeer kry het. Die koningin het gelag en gesê die speelding kan haar honde geselskap hou,” het ʼn bron na aan die koninklike familie aan die webwerf gesê.

Die koninklike gesin het al vir etlike jare ʼn bekende tradisie om nie vir mekaar duur geskenke te gee nie.

Volgens die Daily Star het Markle ook aan prins William, die hertog van Cambridge, ʼn pet (kompleet met vals hare daaraan vasgeplak) gegee wat veronderstel is om sy yl hare te bedek.

Die paartjie het einde November verlede jaar hul verlowing amptelik bekend gemaak en gaan op 19 Mei in Windsor, wes van Londen, trou. Hul troue gaan die Britse ekonomie glo ʼn hupstoot van sowat £500 miljoen, wat inkomste van hotelle, partytjies en memorabilia insluit, gee.

Lees meer oor die koninklike troue op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alta ·

Hoekom word skool nie liewer vry aan alle kinders gegee nie? Sodoende baat alle kinders en nie net die slimmes nie. Dan het ouers 18 jaar tyd om te spaar vir hulle kind om verder te gaan leer. So n sisteem kan ook baie beter gekontroleer word. ( wonder maar net…….)

MissDemeanor ·

Alta ek stem saam jou. En vir die kapotaliste onder ons, so ‘n stelsel sal goed wees vir kapitalisme want dit gee n goeoet basis opvoetding aan ALMAL en dus is daar meer jong mense wat hul kennisf kan gebruik om entrepeneurs te word, meter jong mense wat in staat kan wees om te werk en om verder te leer. Van die mees suksevolle kapitalistiese lande in die wereld (Engeland , Swede, Finland….). Die “gratis” onderwys word gefinansier deur belasting. Ons land het min belastingbetalers. Maar met n beter skool opvoeding en meer industrie (ipv om ons minerale uit te voer en dan produkte in te voer) kan ons dalk meer belastingbetalers genereer.

ai ·

Wonder wat sou gebeur het as arme Diana so geskenk gegee het – hul sou natuurlik die PIEP kry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.