Mooiste onderwaterfoto’s by hul troue

Foto Kimber Greenwood/Water Bear Photography

Foto’s van jou troue is een manier om dié spesiale dag te onthou – en as dit boonop ʼn besonderse fotosessie is, dan is dit iets wat jy nooit sal vergeet nie.

Die paartjie, Taylor Burtch en Brandon Rosin, het hul liefde vir mekaar en water gekombineer om verstommende foto’s te verseker.

Fotograaf Kimber Greenwood het die spesiale oomblik verfilm toe die pasgetroudes, nog steeds in hul trouklere, mekaar onder water gesoen het by Kelly Springs in Apopka, Florida.

Greenwood meen die foto, van die soen is een van haar gunstelinge. “Die stroom was só sterk dat my assistent my moes vashou. Kyk net haar rok!” skryf sy. Sy voeg by: “Ek is dol oor portretwerk onder water en hierdie sessie was ʼn droom wat bewaarheid is.”

Foto: Kimber Greenwood/Water Bear Photography

Die foto het vinnig opslae gemaak en Greenwood het ʼn eerbare vermelding ontvang in die Onderwaterkunskategorie by die Ocean Art Underwater-fotokompetisie. Sy het tydens die 2019 RISE International Photography Awards ook weggestap met die toekennings vir beste swangerskapfotografie, beste kinderfotografie en beste portretfotografie.

Sy bied nou ook swangerskapfotosessies onder water. Sy noem dit “Drench the dress”-fotosessies:

Een van die swangerskapfotosessies onder water (Foto: Kimber Greenwood/Water Bear Photography)

 

Hier is nog foto’s van Taylor en Brandon se troue:

Volg Kimber Greenwood op Facebook of Instagram by @Waterbearphotography

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chanel ·

Verskriklik Mooi, die kleur van die water maak dit ekstra mooi!
Love dit.

Oujongvrou ·

Love dit, pragtig en iets anders. Ons land kan nie so iets doen nie, water is orals vuil en besoedel.????

isabelle ·

dit is baie mooi Mal daaroor…maar hier is die water so vuil ek wonder watter plek het sulke mooi skoon water hier in Sa…ek is mal oor die idee

MIA ·

Dit is regtigwaar baie mooi!! Pragtige herinneringe wat die bruidspaar vir ewig het van hulle besonderse dag!! En die natuur en water maak dit nog net meer besonders. Die water is so skoon, lyk soos op die Karibiese Eilande!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.