Mooiste sesjarige nou wêreld se mooiste

Thylane Blondeau toe sy as sesjarige die wêreld se aandag getrek het

Thylane Blondeau is in 2007 as sesjarige as die “mooiste meisie in die wêreld” gekroon. Meer as ʼn dekade later het sy weer dié titel ingepalm.

TC Candler het sy jaarlikse “lys van mooistes” vir 2018 bekend gemaak en Thylane, ʼn model van Frankryk, het aktrises soos Kate Beckinsale, Keira Knightley, Natalie Portman, Margot Robbie, Sophie Turner en Emma Watson uitgestof. Thylane was ook die jongste model ooit om in die Franse Vogue-tydskrif te verskyn (sy was toe 10 jaar oud).

Dié toekennings, wat in 1990 vir die eerste keer aangewys is, staan bekend as die “mees diverse skoonheidstoekennings” en die video, waarin die top-100 aangewys is, is binne minder as twee weke meer as 4 miljoen keer gekyk.

Die Taiwannese sangeres Chou Tzu-yu was tweede en die Israeliese model Yael Shelbia in die derde plek. Die volledige lys volg onderaan die artikel in ʼn video-formaat.

Dit is die vyfde keer wat Thylane op TC Candler se lys van mooistes verskyn.

Vorige wenners sluit Michelle Pfeiffer (1990, 1992, 1993), Meg Ryan (1991), Nicole Kidman (1997, 2001), Keira Knightley (2005, 2006) in.

Jason Momoa, die 39-jarige Amerikaanse akteur beter bekend as Khal Drogo van Game of Thrones, is deur TC Candler as die aantreklikste man aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Leser ·

Ek dink sy is pragtig..
Ek is net verheug om te sien dat nie een van die Kardashians die lys gehaal het nie. Hulle is almal vals en aangeplak.

LD ·

Vorm van die mond is nie vreeslik mooi nie, sy kan gerus smile dan sal dit beter lyk en die kante nie so na onder trek nie! Mense gaan seker nou weer se ek is jaloers maar alles behalwe!?

Betsie ·

Sjoe, sy is omtrent pragtig. Ai, die goeie gene tog, ek sou graag wou sien hoe haar ouers lyk. Maar sy is voorwaar beeldskoon.

Elaine ·

Ek kan nie dink hulle se mooiste nie,
In God se oe is al sy kinders pragtig.

Judge Dredd ·

Met al daai make-up, photoshop,beligting en kameralens filters kan ‘n mens seker nie te sleg lyk – daai laaste foto is haar oe blouer as in die ander en party fotos lyk dit groenerig..

SoosDitIs ·

Hahaha ja nee, ek wou se ek raak nie mal nie. Die beskrywings is nogal heel snaaks.

Geluk aan die pop wat gewen het, jy lyk vir my baie na Angelina Jolie met daai oe en lippe. Maar glimlag ook net so nou en dan vir ons ook :)

Yolanda ·

Sjoe dis darem mooi mense, maar dit gese. Daardie fotos van wereld se mooiste mans#seuns…. Waar stuur ek my seun se foto want ek kan met alle eerlikheid se my seun is mooier as n heke paar van dai. En ek se dit nie net nie. Ek bedoel dit opreg!!!!! Letterlik lyk hy soos n jong Tom Cruise.

Apie ·

Sy lyk orraait. Maar dit is omtrent dit, te veel photoshop.. Miskien moet ek maar self so n kompetisie hou. ek sal mooier dames as dit tjop tjop in SA kry

Kawa ·

Ek stem sy is baie mooi, maar sjoe sy het regtig nie n baie mooi mond. Op van die fotos lyk dit of haar lippe hang.

Bianka ·

Is ek reg as ek sê sy is nou 18? Kan dalk verkeerd verstaan! Maar op 18 moet mens darem nie 31 lyk nie maar sy maak n mooi beeldskone 31 jarige vroutjie maar 18ummmm not so much sy is baie mooi maar lyk baie ouer as wat sy is sjoe….

SANET ·

SMÍLE SUSSA,SMÍLE…!!! ?dán gaan jy nes ñ ou ingilkie lyk…

Abe ·

Nel,
Sy lyk vir my pragtig en slim, ernstig en goed opgevoed, talentvol en interessant. Dit sal n plesier wees om haar te ken!

Wayne ·

Nel. Gewoonlik soek ‘n mens onmiddellik jou eie tekortkominge in ander. Vat ‘n grote om ‘n kleintjie raak te sien. So ons wonder nie wat tussen jou ore aangaan nie, want daar is nie iets om oor te wonder nie. Wonder wel of jy darem mooi is?

Jacoba ·

Sy is absoluut beeldskoon en sy het nie haarself geskape nie hoor. Daar is niks met haar mond verkeerd nie. Ou spul jaloerse negatiewes sal altyd fout vind.

lulu ·

ons het ons eie pragtige ewebeeld
pragtige mens local
ek weet nie almal kyk binneland nie maar doen julleself n guns en gaan soek vir Lika (ken nie haar regte naam nie) op
beeldskone mens wat lyk of sy die girl se ouer sussie kan wees
en dan is sy nog Afrikaans ook

E.K. die eerste ·

Alles mooi behalwe die mond wat heeltyd so ontevrede lyk. Jammer…net my opinie. Glimlag meisie – die wêreld is ‘n wonderlike plek en jy lyk nei na een wat sukkel nie!

madels ·

Sy is absoluut beeldskoon. Sonder grimering lyk sy nogsteeds absoluut beeldskoon. Ja, haar lippe is so bietjie af ondertoe, wat nie mooi gaan lyk as sy by haar 50’s begin trek nie, sal maar plastiese chirurgie nodig he om dit reg te maak. Maar beelskoon is sy welliswaar!

PJN ·

Ongelooflike mooi vrou. Stylvol en beeldskoon. Niks fout met haar mond nie.

Carol Every ·

Stem volkome saam met jou…dit was my eerste gedagte ook..haar mond trek af ondertoe…soos jy sê sy moet liewer glimlag….

BLOM ·

As jy kyk na die 100 “handsome” mans van 2018 is omtrent 80% van Oosterse afkoms,
en die hele lot lyk soos meisies. (jig).

Die mooiste meisie is inderdaad beeldskoon!

Anoniem ·

Is ek die enigste wat merk in die boonste foto lyk sy actually 6 en in die opgetofde fotos lyk sy tussen 25-30? Soms moet kinders net kinders bly ne………….i’m just saying

lulu ·

My genade Anoniem
jy kyk reg
lees berig
die grimering het 10 jaar na die eerste foto on top eers op haar gesiggie geval

Antoon ·

Ek sal graag al die klom “ek het al mooier gesien” mense se fotos wil sien. Of is jul bang die res van ons gaan dalk sê: Oe nee! Ek het al baie mooier gesien…

HENK NIEMANN ·

Hoekom word jong kinders mode poppies. Sy is nog veronderstel om met klei te speel en modder koekies te bak. Geniet jou kind wees!!!

Aan Henk ·

Nou weer nie gelees nie het jy? Sy is lankal grootmens maar lyk my jy het vasgesteek by die foto van haar as kind! Ai…

Wayne ·

Sy is vir my ook steeds baie mooi. Ek aanvaar almal wat so dink is rassiste.

HK ·

Sjoe, sy is mooi, anders mooi. Die mondhoeke wat af krul, maak haar anders. Opvallend hoe die mooistes nooit perfek is nie, party het spasie tussen voortande, of pragtige sproete of iets wat hul anders maak. Wonder hoe mooi sy is as sy glimlag…
Maar natuurlik dink ek ook, soos enige mamma, dat my 12 jarige baie mooier is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.