Moorddreigemente was toe vir ʼn spinnekop

Argieffoto

Argieffoto

Die Harbourside-polisie in Australië is na ʼn woonstel ontbied nadat bure gehoor het hoe ʼn man vir ʼn vrou skree dat hy haar gaan vermoor.

Verskeie beamptes is na die toneel ontbied nadat bure gehoor het hoe die man gil, “Ek gaan jou doodmaak! Jy’s dood!” het die plaaslike bevelvoerder gesê. Die bure het glo ook ʼn vrou se gille gehoor en hoe meubels rondgegooi word.

Die polisie het later die volgende transkripsie van die gesprek tussen beamptes en die man op hul Facebook-blad gepubliseer:

Polisie: Waar is jou vrou?
Man: Uhm, ek het nie ʼn vrou nie.
Polisie: Waar is jou meisie?
Man: Uhm, ek het nie een nie.
Polisie: Ons het ʼn klag van huishoudelike geweld ontvang en ʼn vrou wat skree. Waar is sy?
Man: Ek weet nie waarvan julle praat nie. Ek bly alleen.
Polisie: Kom nou, mense het duidelik gehoor hoe jy skree jy gaan haar vermoor. Wat het jy met haar gemaak?

Dis toé dat die man met die sak patats vorendag gekom het.

Man: Dit was ʼn spinnekop.
Polisie: Ekskuus?
Man: Dit was ʼn spinnekop… ʼn grote!
Polisie: Maar wat dan van die gille?
Man: Jammer, ja, dit was ek. Ek haat regtig spinnekoppe…

Die man het verduidelik dat hy die spinnekop in sy huis rondgejaag het met ʼn kannetjie insekdoder. Hy het uiteindelik die spinnekop doodgemaak, en nie besef watter bohaai hy opgeskop het nie.

Die polisie het die woonstel vinnig deursoek om te bevestig dat daar niemand anders was nie. Hulle het die toneel verlaat en het hul verslag ingedien.

Die man word nie aangekla van enigiets nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michelle O. ·

Ag ek’s so bly ek’s nie die enigste een wat my kop verloor oor ‘n spinnekop nie lol!

Adri Kuhn ·

Jul het nou wraggies my dag gemaak, dit was die beste ooit!!!!!!!!!!! Hoop sy bure het hom onverskoning gaan vra, maar dit kon dalk n moord gewees het, so dankie vir die mense wat opgetree het…..

Hettie ·

Ja, ek sal ook skree as groot spinnekop verby my is! Jammer dat bure ernstig was en gedog hy vir iemand doodmaak!

Susan Pretorius ·

Nou sal mense dalk vir Oscar Pistorius glo as hy se dat dit hy was wat geskreeu het. Toe nie so vergesog nie.

Susan Pretorius ·

Nou sal mense dalk vir Oscar Pistorius glo wanneer hy se dat dit hy was wat geskreeu het. Toe nie so vergesog nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.