Motoris kry boete vir byna 700 km/h

ʼn Belgiese motoris was geskok toe hy ʼn boete gekry het dat hy glo byna 700 km/h gery het.

Volgens die boete het ʼn verkeerskamera bepaal dat hy in April vanjaar, met sy Opel Astra, teen 696 km/h in ʼn 50 km/h-sone gery het. Die boete was €6 579 (ongeveer R97 300) vir die spoedoortreding. Volgens DriveTribe, het hy die boete bevraagteken en die verkeerspolisie het bevestig daar was beslis ʼn fout met die kamera.

Net vir duidelikheid, die vinnigste Astras wat in België verkoop word, het ʼn topspoed van ongeveer 240 km/h. Selfs die Koenigsegg Agera, wat die Bugatti Veyron in November 2017 as vinnigste produksiemotor geklop het, kan “slegs” 284.5 myl per uur (457 km/h) haal.

Ongelukkig vir die motoris het die polisie op een of ander manier bepaal dat hy eintlik teen 60 km/h gery het, en hulle het ʼn nuwe boete van €50 uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Riaan ·

Hulle lieg!…Dit was ek met my dik wiel fiets!…Bult af met i orkaan wind van agter!!

Eish ·

As dit nie 700km/h was nie hoe stel hulle dan toe was dit was eintlik 60km/h .. as hy ‘n prokkie kry behoort hy los te kom . maar dalk kos die prokkie hom meer.

Koos1 ·

Ek het ‘Astra pas verkoop. Moes maar gehou en en aan Elkon Musk verkoop het as ruimtetuig.
Nou nog een vraag, hoe kan hulle sy werklike spoed bepaal het? πr⅔ x 90 grade ÷ ℅ van dikte van uitlaatpyp + enjin groote?
Stem saam Eish!

Theresa ·

Sies die polisie was regtig kleinlik. Hul fout. Moes net gelos het.

Jacques ·

Theresa – Daar werk alles nog en die regstelsel is ook nog reg . In Europa is dinge nie soos in SA waar mense reels maak en breek soos hulle wil nie . My vraag is egter ook , hoe het hulle sy eintlike spoed bepaal ? Miskien E=mc square of so iets .LOL

Peet Schabort ·

By my is dit die Mislike Paliteit se rekening. Ek maak eerder ‘n briefbom oop as my rekening . . .

TS ·

Ek is die motor se tegnikus. Kan ek my nommer vir julle gee ;)

Ben ·

Ek sou se dit is ‘ n programerings fout. Die oorspronklike waarde was 696 en moet eintlik 69.6 wees. So 60 Km – Ja aanvaarbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.