ʼn Gesonder vel met behulp van … slakke?

Philicity Reeken kry ‘n slak-gesigbehandeling (Foto: JacarandaFM)

As die blote gedagte van slakke wat oor jou vel seil jou laat gril – moenie sleg voel nie, jy is nie alleen nie. Maar as jy die jongste gier in die skoonheidswêreld op die proef wil stel, moet jy maar jou oë (en mond!) toeknyp en die glibberigheid verdra.

Die slakke se slym bevat glo hialuroniese suur, glukoproteïen, ensieme en proteoglikane

wat alles bekend is vir hul genesende en vernuwende uitwerking. Die behandeling behoort jou vel jonger en fermer te laat.

Philicity Reeken van Jacaranda FM het onlangs dié gesigbehandeling op die proef gestel en vertel dit was glad nie so sleg soos sy verwag het nie. Sy sal ook nie huiwer om dit sommer gou weer te doen nie.

Die slakke word versigtig op ʼn mens se vel geplaas en is dan vry om oral te seil. ʼn Gewone gesigbehandeling duur gewoonlik ʼn uur en sowat sewe slakke seil op jou gesig rond. Reeken vertel dit is opmerklik hoe goed die slakke deur die terapeut behandel word.

“Sy was wonderlik met die slakke en het ʼn hegte band met hulle. So, om van hul dieet en leefstyl te hoor is baie interessant. Hulle eet slegs organiese kos en drink slegs die skoonste water – daar word vir seker goed na hulle omgesien,” sê sy.

Reeken sê die behandeling was heeltemal anders as enige vorige gesigbehandelings wat sy al gedoen het, maar haar vel het agterna baie goed en effens fermer gevoel.

“Die slakke voel koud op jou vel. Dit voel amper asof iemand ʼn stuk nat biltong wat hulle klaar gekou het, op jou gesig neersit,” skerts sy. “Maar dit voel nie juis slymerig nie.”

Sy sê dit is ontspannend omdat die slakke so koel is, effens vassuig aan jou vel en sulke klein trillings op jou gesig maak.

“Ek stel voor jy ontspan, dink aan goed wat jou gelukkig maak en hou jou mond toe as jy dié behandeling wil beproef, want om ʼn slak se klein voeler in jou mond te voel, is vir niemand lekker nie!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Androclus ·

Slakke skei slym af net sodra daardie verwyder word en daai gesig gewas word dan is dit maar weer so grof en vol puisies.

Blackies ·

Hulle kan gerus by my kom slakke haal want hulle vreet my plante se blare, baie gesonde vet slakke.

Debby ·

Dit is die verkeerde slakke, moet die groot afrika skakke wees

Linda ·

Wonder wanneer gaan al die local Instagram Influencers soos Minkie en Leandi ook maar lê vir die slakke. Lyk mos hulle doen enige iets deesdae solank hulle die produk of behandeling verniet kry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.