ʼn Gogga sit vas in Van Gogh se skildery

Vincent van Gogh se “Olyfbome” Foto: Nelson-Atkins-kunsmuseum

Talle persone het al na Vincent van Gogh se “Olyfboom”-skildery gestaar, maar in 128 jaar is die sprinkaan – wat in die verf vassit – nog nooit opgemerk nie. Die sprinkaan is sonder ʼn borskas en buik, maar dit is definitief ʼn regte sprinkaan.

“Van Gogh het buite in die natuur gewerk,” het Julián Zugazagoitia, direkteur van die Nelson-Atikins-kunsmuseum, waar die skildery te sien kan word, gesê. “Ons weet dat hy wind en stof, bome en gras, en vlieë en sprinkane teëgekom het.”

Die skilder het ʼn jaar ná hy “Olyfbome” geskilder het, sy eie lewe geneem. Die kunswerk is in St Rémy in Frankryk geskilder. Hy het in 1885 in ʼn brief aan sy broer, Theo, daarna verwys: “Gaan sit net buite, verf net daar! Dan gebeur allerhande dinge – ek het seker ʼn honderd vlieë of meer van die vier skilderdoeke verwyder wat jy sal kry, om nie eers van die sand en stof te praat nie. As mens dit ʼn paar uur lank deur die grasse dra, dan skraap ʼn tak of twee oor hulle.”

ʼn Span kurators, bewaarders en wetenskaplikes het verdere navorsing gedoen oor die 104 Franse skilderye in die Nelson-versameling. Kunsbewaarder Mary Schafer het onder ʼn vergrootglas na die olieskildery gekyk toe sy die sprinkaan opgemerk het. Sy wou weet of die insek ʼn aanduiding kon gee in die seisoen wanneer die skildery geverf is, maar geen verdere inligting was beskikbaar nie.

Paleo-entomoloog Michael Engel van die Universiteit van Kansas het opgemerk daar is geen beweging in die omliggende verf nie, wat daarop dui dat die sprinkaan reeds dood was toe dit op die skilderdoek geval het.

Die Nelson gaan nie die skildery wysig nie en sal dus nie die sprinkaan verwyder nie. Besoekers wat na die skildery staar sal waarskynlik nie die sprinkaan opmerk nie, maar nou weet ons dis daar.

Bron: Nelson-Atkins-museum

Die sprinkaan in Vincent van Gogh se “Olyfbome” Foto: Nelson-Atkins-kunsmuseum

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

rissiQ ·

So nuuskierig soos ek is Sou ek mos nou wou weet presies waar op die skildery daardie springkaan le.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.