ʼn Pizza-rok vir jou troudag

Foto: Chicago Town/Darren Robinson

As jy gaande is oor pizza en nie in ʼn tradisionele troue belangstel nie, sal dié kompetisie beslis jou aandag trek.

Chicago Town, ʼn maatskappy in die Verenigde Koninkryk wat bevrore pizzas verkoop, het ʼn spesiale “Pizza Bridal Package” beskikbaar gemaak vir ʼn voornemende bruid. Die wenner ontvang ʼn pizza-trourok, wat losweg gebaseer is op Rihanna se rok wat sy in 2015 na die Met Gala gedra het.

ʼn Seslaag-pizzakoek met verskeie pizzas uit die maatskappy se reeks en ʼn “ruiker” van pizza is ook deel van die prys. Die pasgetroudes slaan ook ʼn wittebroodsreis na Chicago los met ongeveer R8 600 kontant wat hulle kan spandeer.

Volgens die handelsmerk beskou meer as ʼn derde van Britte dat die kos, wat by ʼn troue bedien word, belangriker as om te sien hoe die twee verliefdes aan mekaar trou beloof. Pizza is glo in groot aanvraag by troues en ʼn vyfde van Britte het gesê hulle het dit ná die seremonie aangebied.

Volgens Rachel Bradshaw, handelsmerkbestuurder van Chicago Town, het hul navorsing aangetoon dat meer as die helfte van Britte opgewonde sal wees om ʼn troue by te woon waar pizza bedien word. “Ons is dus verheug om die wêreld se eerste Pizza Bridal Package bekend te stel.”

Slegs paartjies wat voor of op 21 Desember 2019 in Engeland trou kan vir dié prys in aanmerking kom en die pasgetroudes moet voor die einde van 2020 op wittebrood gaan. Stuur ʼn e-pos aan [email protected] met “Pizza Wedding” in die onderwerpveld as jy vir dié kompetisie wil inskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

allawereld ·

baie uniek baie goeie ontwerp
Maar vir n troudag

Hou maar verby

GM ·

Klink vir my bietjie na kos mors as die ‘ruiker’ gegooi gaan word en die dames vang dit mis. Haha.

Ek is ‘all for’ die pizza-bedien idee, maar die rok vir ‘n troue is bietjie een te veel. ‘Each to his own, I guess’.

Penellope Jones ·

Soos die Engelse spreekwoord, “each to it’s own”….

Heidi ·

Dis aaklig! Hoe kan jy oor 30 jaar met heimwee saam met jou kleindogter na jou troufotos kyk!? “En hier is ek in my pizza tourok” Kind sal dink ouma se kop het haar gelos!

Swanna ·

Jig dit lyk of iemand ‘n pizza geëet het en daarna sy vinger in sy keel gedruk het. Walglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.