ʼn Regte egte Snoopy!

Bayley (Foto: bayley.sheepadoodle/Instagram)

Wanneer mens die ikoniese swart ore, ovaal gesig en swart snoet sien, is dit maklik om dié sheepadoodle as Snoopy te herken.

Charlie Brown en sy geliefde Snoopy, geskep deur Charles Schultz, het almal se harte verower saam met hul maats Lucy, Linus, Woodstock en Peppermint Patty.

Bayley is nou wel nie ʼn beagle soos Snoopy nie, maar sy lyk soos sy tweelingsussie.

Bayley het veral bekendheid verwerf ná ʼn plasing deur @doodledogsclub waar sy met Snoopy vergelyk is, en sy is boonop net so oulik soos Snoopy!

ʼn Sheepadoodle is ʼn kruising tussen ʼn miniatuur poedel en ʼn Ou Engelse skaaphond. Mens kry die grootte van die poedel en die wollerigheid van die skaaphond.

Volg Bayley se avonture op Instagram waar sy meer as 400 000 aanhangers het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.