ʼn Telefoon vir jou hond

Argieffoto (Foto: Bianca Van Dijk/Pixabay)

Hou jou poedel van praat, is jou kollie lief vir klets, wil jou bulhond graag babbel of sal jou worshond ʼn paar woorde wil wissel?

Eensame honde sal binnekort hul afwesige eienaars kan kontak met ʼn nuwe toestel wat deur diere-tegnologie wetenskaplikes in Brittanje en Finland ontwerp is.

Die DogPhone werk wanneer die troeteldier ʼn bal rondskud. Die bal het ʼn versnellingsmeter wat ʼn skootrekenaar aktiveer om ʼn video-oproep na die eienaar se toestel te maak.

Dit is deur die Universiteit van Glasgow se Ilyena Hirskyj-Douglas het die toestel ontwikkel met behulp van haar labrador Zack en kollegas van die Aalto-universiteit in Finland.

Ná Hirskyj-Douglas haar “assistent” Zack gewys het hoe om ʼn oproep te maak met die bal, kon hy 16 dae lank met die speelding speel. Buiten ʼn paar oproepe wat per ongeluk gemaak is, het Zack die prototipe gebruik om sy eienaar te kontak om nuwe speelgoed vir haar te wys.

Hirskyj-Douglas, ʼn spesialis in diere-rekenaarinteraksie, het op haar beurt reageer en vir haar troeteldier haar kantoor, ʼn restaurant en ʼn straatmusikant te wys. Zack het elke keer nader aan die skerm gekom om te sien wat sy wys.

“Ons weet natuurlik nie of Zack besef dat daar ʼn verbintenis is wanneer hy die bal optel en wanneer ʼn oproep gemaak word nie. Ons weet ook nie of sommige van die interaksies – wat vir ons per ongeluk voorgekom het, dalk doelbewus aan sy kant was nie,” sê sy. “Dit is wel duidelik dat hy soms beslis geïnteresseerd was in dit wat hy sien en hy het dieselfde gedrag getoon wanneer ons fisies saam is.”

Die span hoop dat die DogPhone, wat tans verder getoets word, skeidingsangs onder diere sal verminder, veral vir “pandemie-hondjies” wat gewoond geraak het aan deurlopende menslike kontak tydens afsonderingsperiodes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.