ʼn Trein wat blaf soos ʼn hond

Argieffoto (Foto: sharonang, Pixabay)

Navorsers in Japan het ʼn trein met ʼn luidspreker toegerus wat blafgeluide uitsaai om ongelukke op die spoor te voorkom.

Die Asahi Shimbun-koerant in Tokio het berig ʼn kombinasie van klanke, die geblaf van ʼn hond en die geblaas van ʼn bok, het ten doel om diere te waarsku dat ʼn trein op pad is.

Beamptes van die Spoorweg-tegniesenavorsingsinstituut (RTRI) het gesê ʼn drie sekonde geblaas van die klank wat ʼn bok maak wat volg deur ʼn geblaf vir 20 sekondes lank, is genoeg om die bokke se aandag te trek en dan af te skrik.

RTRI-navorsers het gesê die toetse, wat laat in die aand uitgevoer is – die tyd wanneer bokke gewoonlik naby die spoorlyn bymekaarkom, het daartoe gelei dat minder soveel bokke as tevore gesien is. Indien dit doeltreffend is, sal toekomstige planne statiese “blaf”-persele insluit waar die bokke gewoonlik gesien word, maar luidsprekers sal nie geïnstalleer word waar mense naby die spoorlyn woon nie.

Die bokke word aangetrek na die spoorlyn, weens die behoefte aan yster in hul dieet. Daar is bevind hulle lek die ysterskaafsels, wat deur die friksie van die trein op die spoorlyn veroorsaak word.

Vorige planne het ingesluit om leeu-uitskot op die treinspoor te spuit, maar dié plan is laat vaar toe reën dit byna dadelik weggespoel het.

Die ministerie van vervoer in Japan sê ʼn rekord getal van 613 bokke en ander wilde diere is in 2016 deur treine getref en dit het tot vertragings van tot 30 minute of meer vir die passasiers gelei.

Grafika: Asahi Shimbun

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.