Ná 14 seuns het gesin uiteindelik ʼn dogtertjie

Moedersdag vir die Schwandt-gesin (Foto: 14 Outdoorsmen/Facebook)

Jay en Kateri Schwandt het uiteindelik hierdie maand ʼn dogtertjie, Maggie Jayne, in die gesin verwelkom.

Maroela Media het in 2018 oor die gesin berig toe die 14de seun sy opwagting gemaak het.

Maggie Jayne is op 5 November gebore, aldus sosialemediaplasings deur die gesin.

Voor Maggie Jayne het die Schwandt-egpaar (albei 45 jaar oud) met hul 14 seuns gespog: Tyler, Zach, Drew, Brandon, Tommy, Vinny, Calvan, Gabe, Wesley, Charlie, Luke, Tucker, Francisco en Finley.

Die gesin het ʼn webreeks genaamd “14 Outdoorsmen” waar die seuns aan allerhande buitelug-aktiwiteite deelneem op hul 80 hektaar-plaas in die weste van Michigan in die VSA.

Die gesin se oudste seun is in sy laat 20’s. Kateri is self een van 14 kinders.

‘n Foto van die groep seuns op 16 Februarie 2018 (Brandon [nou 20] is nie op die foto nie, en Finley en Mary Jayne was nog nie gebore nie) V.l.n.r. die broers Francisco (2), Tucker (4), Luke (6), Charlie (8), Gabe (11), Wesley (9), Calvin (13), Drew (20), Tommy (16) Zach (22), Vinny (15) en Ty Schwandt (25) (Foto: Casey Sykes/The Grand Rapids Press via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Boksombende ·

Welgedaan! Ek het opgehou probeer vir ‘n seun na vier dogters :D

Patch ·

Kan mense regtig deesdae bekostig om soveel kinders groot te maak. Gaan my verstand te bowe. Ek raap en skraap met twee…. Ek hoop nou na die dogter is hulle klaar. Sy was seker vir die laaste 20 jaar so te sê permanent swanger as hul oudste 20 is en hierdie die 15de kind is.

Mellivora ·

Patch, die oudste was in 2018 al 25, dus nou al 27 so sy het darem af en toe asem geskep.

Vrijburger ·

Dit is Amerikaners die. Hulle het genoeg vir ‘n Gridiron (Amerikaanse voetbal) span met twee reserwes, ‘n ‘waterboy’ en nou ook ‘n ‘chearleader’. :)

Sênet ·

Gelukkig is hulle almal gesond, mag dit met hulle net voorspoedig gaan,

Brenda ·

Sjoe, hoe kan mense so baie kinders bekostig lewe is al klaar moeilik genoeg met 2.

Mad Mike die Rhodesiër ·

WOW! Katari moet ‘n sterk gestel hê om 15 kinders in die wêreld te bring EN groot te maak!

Thys Dup ·

Hoop nie hulle stop nou nie. Kort net nog n seun vir n rugby span

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.