Nasa vlieg klein tuigie op Mars

(Foto: NASA / AFP)

Nasa het Maandag suksesvol sy Ingenuity-helikoptertjie op Mars laat vlieg.

“Altimeterdata bevestig dat Ingenuity sy eerste vlug uitgevoer het – die eerste vlug van ʼn aangedrewe vliegtuig op ʼn ander planeet,” het ʼn ingenieur in die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena aangekondig terwyl die beheerkamerpersoneel luid gejuig het.

ʼn Kort videogreep wat deur die Perseverance-verkenningstuig geneem is, het gewys hoe die tuig van sowat twee kilogram drie meter bo die oppervlak van Mars sweef en weer land.

Die Ingenuity het ʼn swart-wit foto van sy afwaartse kamera teruggestuur wat sy eie skaduwee op die oppervlak afgeneem het.

“Ons kan nou sê dat mense ʼn tuig op ʼn ander planeet gevlieg het,” het die leiersingenieur MiMi Aung aan haar span gesê.

“Ons praat al so lank oor ons Wright-broers se oomblik op Mars en hier is dit,” het sy bygevoeg.

Die eerste aangedrewe vlug op aarde is in 1903 deur Orville en Wilbur Wright moontlik gemaak in Kitty Hawk, Noord-Carolina. ʼn Stuk lap van daardie vlug is in die Ingenuity versteek om hulde aan dié prestasie te bring.

Bron: AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thom ·

Wonderlik ! Tegnologiese vordering en kennisontploffings wis die een mite na die ander uit !

ES ·

Dis ongelooflik! Ek wens my oupa het nog gelewe, hou sou dit besonders vreemd gevind het!

Gert K ·

Wonder hoe hulle dit regkry met so min lugdruk. Beslis iets besonders, baie geluk!

Jessey ·

Kyk, ek is alles behalwe ‘n “conspiracy theorist”, maar daai “afwaartse foto” lyk so onrealisties soos wat kan kom. Van 3 meter af kan jy die ronding op die planeet sien sowel as elke krater moonylik (mooi gevorm). Op die regterkant die tafel se pote en al, mooi tussen 2 spore geneem. Ek twyfel nie dat hulle die tuig op Mars geland het nie, maar daai foto lyk totaal onrealisties as jy kyk na die een war die tuigie aan die vlieg is.

Kirst ·

Die spore op die foto wat ook gebuig is dui daarop dat dit waarskynlik die distorsie van ‘n wye hoe lens is – glad nie die ronding van die planeet nie. En die “tafel se poot” is sekerlik die Perseverance tuig s’n. Dis immers hoe die helikoptertjie daar gekom het. Wat eerder my verstand te bowe gaan is hoe daar soveel geld bestee kan word aan so ‘n projek terwyl daar soveel honger mense en kinders sonder pa’s op ons eie planeet is.

Michael ·

Nooit gedink Mars is so klein dat jy 3m bokant die planeet kan sien dat dit rond is nie. Seker hoekom hulle so klein vliegtuigie gebruik.Merkwaardig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.