Natuurliefhebbers gaande oor dié foto

Foto: Tiaan Steynberg (Kgalagadi-oorgrenspark) (word met vergunning op Maroela Media geplaas)

Foto: Tiaan Steynberg (Kgalagadi-oorgrenspark) (word met vergunning op Maroela Media geplaas)

Tiaan Steynberg, ʼn fotograaf van Johannesburg, se foto van ʼn wildekat wat voor ʼn rooikat uit ʼn boom vlug, het natuurliefhebbers gaande.

Tiaan het Woensdag aan Maroela Media gesê hulle het verlede week by Nossob in die Kgalagadi-oorgrenspark tuisgegaan toe hy by Marie-se-draai dié merkwaardige foto geneem het.

“Ons het aanvanklik gedink die wildekat is besig om voëls in die boom te vang toe die rooikat skielik uit die mik loer,” vertel Tiaan. “Die rooikat het al hoe hoër in die boom begin opklim agter die wildekat aan, toe die wildekat skielik uit die boom spring. Die rooikat het agterna gespring en die wildekat agternagesit.” Volgens Tiaan het die wildekat die rooikat se kloue vrygespring.

Hy het die foto met sy Nikon geneem met ʼn 400 mm-lens.

Tiaan is ʼn vryskutfotograaf en neem ook graag troues en gesinsfoto’s. Besoek sy webwerf en sy Facebook-groep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Antoinette ·

Sjoe, ek wens ek was daar om dit te sien. Moes iets fantasties gewees het.

Paul ·

Die foto is so klein en swak gehalte, mens kan skaars sien wat daar aangaan…

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Ons het ‘n verstelling gemaak, jy behoort nou die foto groter te kan oopmaak wanneer jy daarop kliek.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Op die regte plek op die regte tyd op die regte oomblik. Sjoe !!!
En die hande het nie eers gebewe en die fokus ook reg. Sjoe !!!

Gerrie Heyns ·

Baie mooi foto. Ek is baie gelukkig om drie van daai Wilde Katte(Groukat) te hê. Ek het hulle in die Rigtersveld woestyn gekry toe hulle oëgies nog toe was en mak groot gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.