Negejarige wen kompetisie ná 43 muskietbyte

'n Vrou trek aan as 'n muskiet vir Rusland se Muskietfees (Foto: Associated Press)

‘n Vrou trek aan as ‘n muskiet vir Rusland se Muskietfees (Foto: Associated Press)

Die negejarige Irina Ilyukhina van Rusland is vandeesweek tydens dié land se muskietfees aangewys as die “muskiet-gunsteling” nadat sy meer as 43 muskietbyte opgedoen het.

Dié fees is vanjaar vir die vierde keer in Berezniki aangebied as ʼn tong-in-die-kies-fees.

Die fees bied ook ander kompetisies soos die beste muskietkostuumwedstryd, ʼn muskietjag, ʼn dansparty op “muskietmusiek” en ʼn braai-kompetisie.

Die “smaaklikste vir muskiete”-kompetisie is egter net vir die pret en Ilyukhina het slegs ʼn keramiekbeker as trofee gekry.

Mededingers in die 2015-weergawe van dié kompetisie moes vir 20 minute in ʼn kortbroek en baadjie op een plek staan en wag vir die muskiete om toe te sak. Vanjaar moes die mededingers met soortgelyke uitrustings gaan vrugte en bessies pluk in ʼn woud naby Berezniki.

Natalya Paramonova, die feesorganiseerder, het aan die Washington Post vertel die beoordelaarspaneel bestaan uit ʼn klomp “kenners”, onder wie ʼn dokter.

Kritici het egter vinnig hul kommer oor die muskietbyte uitgespreek. Paramonova het gesê dié fees is “veilig”, aangesien nog net vyf voorvalle van die Zika-virus, wat deur muskiete oorgedra word, in Rusland aangemeld is, teenoor die 2 000 gevalle in die VSA.

Clute, suid van Houston in Texas, het ook jaarliks ʼn soortgelyke muskietfees.

Bron: Washington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Popeye ·

Dis nou ‘n nasie sonder ‘n Zuma-ANC wat sulke pret kan he! Ek het die begrip dat muskiete deur koolsuurgas aangelok word….is ek reg?

Wildehont ·

Dis reg Popeye, hulle spoor warmbloedige prooi op die manier op en dis hoekom hulle gewoonlik om mens se kop zoem wanneer jy wil slaap en hoekom dit help om ‘n waaier aan te hou (dit versprei die CO2 wat ons uitasem en muskiete is lig so wind waai hulle maklik weg).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.