Nog ʼn ‘leeu’ in Braamfontein gesien

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Sosiale media was vandeesweek behoorlik aan die gons nadat ʼn leeu in die strate van Braamfontein gewaar is. Dié keer gons dit egter oor ʼn ander soort leeu.

Foto’s van iemand in ʼn leeukostuum word nou wyd op sosiale media gedeel. Die nuutste ‘leeu’ is glo ook gebruik vir die vervaardiging van ‘n advertensie in reaksie op Maandagaand se voorval.

Scott Simpson, woordvoerder van die Leeupark naby Johannesburg, het vroeër die week aan Maroela Media bevestig dit is een van die park se leeus wat Maandagaand gewaar is. “Hy is gebruik in die verfilming van ʼn toneel vir ʼn plaaslike produksiemaatskappy,” het Simpson gesê.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Hy wou nie bekendmaak watter rolprent of advertensie Maandagaand verfilm is nie, maar het gesê leeus van die Leeupark word gereeld vir verfilming gebruik. “Ons het ʼn paar leeus waarmee die hanteerders gemaklik is wat vir verfilming gebruik word. Dit is glad nie ʼn buitengewone ding nie. Ons het ʼn hele departement wat daarmee werk.”

Volgens EWN is die spesifieke leeu wat Maandagaand gebruik is, se naam Columbus en was hy ook voorheen in die bekende Amerikaanse rolprent Blended te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Armando ·

Agganee, Columbus is niks teen dié een nie. Die is ‘n kwaai leeu en hoewel sy stert bietjie kort is verbeel ek my ek sie verskriklike kloue en tanne. Krik my dood.

Essie ·

Nando’s het met hoenders te doen, hierdie is seker ‘n Simba chips advertensie! Leeu het seker sy kontaklense verloor…

Albert Marais ·

Die Stormers moet nou oppas, die Leeu is los . Hy soek visvoete om te vreet

Albert marais ·

Die Stormers moet nou oppas, die Leeu is los en hy soek visvoete om te vreet

Zumie ·

Nee dit was ‘n leeu wat op Ellispark moes gespeel het maar in die stad verdwaal het…

tamboti ·

Dit herrinner my aan die leeu loop liedjie wat seker by MM verbied word, en ook enige grappies wat verwys na die natuurlike staat van die vroulike lyf, soos bv. Eva se voorkoms.
Reeds 2 keer gesensor!!

RITA ·

Leeutjie leeutjie in my hand……..wie is die beste span in die land?????????:)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.