Nou kan jy ʼn goudbedekte biefstuk bestel

Salt Bae (Foto: Salt Bae/Facebook)

 ʼn Eksentriese sjef beplan om ʼn goudbedekte biefstuk aan klante te bied. Dit sal jou sowat £700 (ongeveer R13 800) uit die sak jaag.

Salt Bae, ook bekend as Nusret Gökçe, besit ʼn luukse restaurantgroep, Nusr-Et, maar hy is beter bekend vir die manier hoe hy sout oor vleis sprinkel – foto’s van hom met ʼn knippie sout en sy regterhand omhoog, is baie gewild op sosiale media.

My London berig Salt Bae beplan nou om luukse biefstukke te bedien by sy nuwe Londense restaurant, geleë by die Park Tower Knightsbridge-hotel. Hy besit verskeie restaurante wêreldwyd, van Abu Dhabi tot Griekeland, en het al klante soos Leonardo DiCaprio en David Beckham bedien.

Sy nuwe restaurant is sy eerste in die Verenigde Koninkryk en deure maak op 17 Mei oop – wanneer klante weer binne restaurante mag eet. Wanneer die restaurant oopmaak, sal Salt Bae se biefstuk, bedek met 24 karaat goud, beskikbaar wees teen £700.

Salt Bae se manier hoe hy kos, en veral vleis voorberei, is geïnspireer deur die tyd wat hy sonder betaling in Argentynse en Amerikaanse restaurante gewerk het. Hy staan ook bekend daarvoor dat hy biefstuk soms per hand aan klante voer.

Volg die sjef op Instagram by nusr_et

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Nusr_et#Saltbae (@nusr_et)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Nee wat, ek sal eerder honger ly voordat ek so baie vir steak sal betaal. En ek verkies my goud op my vingers en nie in my maag nie

Snowball ·

Werklik, in die aanskyn van soveel ellende en armoede en hongersnood in die wêreld grens hierdie nie net aan die banale nie, dis sweerlik sonde om so galsterig in oordaad te lewe terwyl soveel swaarkry in die wêreld woed.
Sal seker ook net dié wees wat onbeskaamd vertonerig is en gesien wil word wat dié bizarre idee sal ondersteun.

Aikie ·

Ek wonder so in my stilligheid hoeveel vleis kan ek vir daai geld kan koop. Sekker so twee beeste en ‘n vark en dan gaan daar nog’ n stywe bedraggie oor wees.

LeanetteS ·

Belaglik verby!! Nee dankie, n 500g ‘Medium Rare’ Suid Afrikaanse biefstuk, is meer vir my werd as al daardie goud!!

Smurf ·

Ja – nee , as die weerlig jou kop getref het is dit verby met logika…..

Phillip ·

<y Vraag is net is dit gesond om met goud in jou maag rond teloop dit verteer mos nie of hoe of is dit verteerbare goud stof wat hy gebriuk of is dit n 1 April grappie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.