Diegene wat die aanbreek van die Nuwejaar aftel, sal vanjaar ʼn ekstra sekonde, bekend as ʼn skrikkelsekonde, moet bytel.
Die bykomende sekonde is nodig om die akkurate atoomhorlosie en die minder akkurate rotasie van die aarde weer in pas met mekaar te bring.
Sedert atoom-tydhou in 1972 begin het, is 26 skrikkelsekondes reeds bygewerk. In daardie jaar is tien skrikkelsekondes bygewerk om die “agterstand” in te haal.
Dit gebeur omdat die getywerking van die maan die aarde al hoe stadiger om sy eie as laat draai.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Soos enige goeie wetenskaplike: “Daars niks fout met my horlosie nie, dis die Aarde wat te stadig draai.” :)
?… hoekom draai ons stadiger? Al 27 sek bygevoeg sedert 1972. Dit raak gevaarlik. Weet president Zuma hiervan? Dit beteken ons sal vanjaar een sekonde langer met hom moet huis hou. Sjoe, watter lyding!
Dit lyk my dit is ‘n deurlopende proses, die al stadiger, beteken dit dus dat ek nou ook stadiger ouer raak?