Nuwejaar moet bietjie wag

antieke_horlosie_2_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Diegene wat die aanbreek van die Nuwejaar aftel, sal vanjaar ʼn ekstra sekonde, bekend as ʼn skrikkelsekonde, moet bytel.

Die bykomende sekonde is nodig om die akkurate atoomhorlosie en die minder akkurate rotasie van die aarde weer in pas met mekaar te bring.

Sedert atoom-tydhou in 1972 begin het, is 26 skrikkelsekondes reeds bygewerk. In daardie jaar is tien skrikkelsekondes bygewerk om die “agterstand” in te haal.

Dit gebeur omdat die getywerking van die maan die aarde al hoe stadiger om sy eie as laat draai.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Soos enige goeie wetenskaplike: “Daars niks fout met my horlosie nie, dis die Aarde wat te stadig draai.” :)

Buitestander ·

Ek het gedink alles word vinniger. Nou verstaan ek hoekom daar so baie wêreld rekords spat.

John ·

?… hoekom draai ons stadiger? Al 27 sek bygevoeg sedert 1972. Dit raak gevaarlik. Weet president Zuma hiervan? Dit beteken ons sal vanjaar een sekonde langer met hom moet huis hou. Sjoe, watter lyding!

Deďuiwelin ·

Dit sal seker nou weer apartheid se skuld wees. Of die boere!

Jan ·

Dit lyk my dit is ‘n deurlopende proses, die al stadiger, beteken dit dus dat ek nou ook stadiger ouer raak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.