O griet! Gaan eers kinders se huiswerk na, vra ma

Die kind se huiswerk wat die ma op Mumsnet gedeel het

Talle ouers het tydens die afsonderingsperiode wêreldwyd eerstehands kennisgemaak met skoolhou en huiswerk. Een ma het ʼn voorbeeld gedeel waar haar kind se huiswerk skeefgeloop het.

Met alles in die huis wat kinders se aandag boonop aftrek, is talle van hulle gretig om die huiswerk sommer af te jaag sodat hulle kan gaan speel.

Dié vrou het haar storie met Mumsnet, ʼn webwerf vir ouers in die Verenigde Koninkryk,  gedeel. Sy het ontdek haar kind het Google se hulp ingespan om haar musiekhuiswerk te doen.

“Ek wou hê so veel as moontlik mense moet dit sien – dit is ʼn goeie waarskuwing om eers jou kinders se huiswerk na te gaan voor hulle dit terugstuur skool toe …” het sy geskryf en ʼn prentjie bygevoeg van ʼn laggende-emosie-karakter.

Haar kind moes allerhande feite neerskryf oor viole. Die kind was aanvanklik op die regte koers en het verduidelik dit word van hout gemaak. Maar dan neem dit ʼn vreemde wending: in plaas van “violins”, het die kind “violence” in Google opgesoek. Die kind lys dan die verskillende tipes geweld onder ʼn foto van ʼn viool.

Die ma het gelukkig die huiswerk nagegaan voor dit ingedien is en gesê sy is “baie dankbaar” sy het dit opgemerk, maar het gedink dit is baie snaaks. “Dit is bevestiging dat, as kinders sommer net goed op Google opsoek en dit vinnig neerskryf om die werk af te rammel, dan leer hulle nie eintlik enigiets nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rina ·

Ek sien ook snaakse goed raak!

My dogter van 10 vra my nou die dag, hoekom leer ons nie van ons blanke mense se geskiedenis nie. Ek het hulle al vertel van Bloedrivier en Jan van Riebeeck ens.

Kom ons kry ook maar betroubare bronne om ons van die “oorspronklike ” geskiedenis te leer en nie soos hedendaags net sekere geskiedenis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.