Oeps! Spelfout op Australiese banknoot

Foto van die spelfout (Foto op Instagram gedeel deur Triple M)

ʼn Banknoot, wat verlede jaar in Oktober in Australië bekend gestel is, het ʼn spelfout op.

Die nuwe $50-noot het ʼn foto van Edith Cowan, die eerste vrou wat in Australië se parlement gedien het. Dit het ook mikroteks van haar eerste toespraak aan die Wes-Australiese parlement, en dis waar die spelfout ingesluip het.

It is a great responsibilty [sic] to be the only woman here, and I want to emphasise the necessity which exists for other women being here,” lui die teks op die noot. Die spelfout “responsibilty” verskyn drie keer op die banknoot.

ʼn Luisteraar van die Australiese radiostasie Triple M het ʼn foto van die spelfout aan die stasie gestuur. Triple M het dit daarna op sy Instagram-rekening gedeel. Andrew Crelin, ʼn valutakenner en eienaar van Sterling Currency, het aan 6PR-radiostasie gesê daar is ongeveer 46 miljoen note met dié spelfout in sirkulasie.

Die Australiese reserwebank het gesê hy het teenvervalsingstegnologie in die banknoot verhoog en tekstuur bygevoeg om siggestremdes te help. ʼn Woordvoerder van die reserwebank het gesê die instansie is bewus van die spelfout en sal dit regmaak voor die volgende lopie.

ʼn Nuwe $20-noot sal na verwagting in Oktober vanjaar vrygestel word.

 

Die $50-noot wat in Oktober 2018 bekendgestel is (Foto: RBA/Australië)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann cb ·

Die note sal iewers in die toekoms skaars word en in waarde toeneem vir versamelaars sodra hulle uit sirkulasie is.

Marinda ·

Die noot het dié spelfout gehad vir ñ rede.

Nou hoekom sal iemand die noot so naby bestudeer? Wonder ook hoeveel note het hulle toe gaan bekyk om seker te maak almal is so gedruk? ????

Elaine ·

Ek bly in Australië en dink die nuwe note is pragtig. En net soos die ou note as jy hom perongeluk was in die wasmasjien kom hy net skoon uit en lyk presies soos voor die was.

Henk Brand ·

Dit verbaas my nie. Die Aussies se spelling is soms maar beroerd. Die sosiale media het baie duidelik ‘n invloed op kinders en jonger mense se grammatika en spelling.

Huh ·

Australiese note is net so lelik soos die SA note. Kan iemand nie ordentlike geldnote ontwerp nie …

Cherokee ·

As daar nou ‘n responsibility noot opduik, is dit dus heel irresponsible vervals.

Cherokee ·

Hulle kan daai note nou vir halfprys verkoop en dan nuwes druk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.