Cathay Pacific, ʼn lugredery van Hongkong, moes ʼn vliegtuig onttrek weens ʼn spelfout aan die kant van die vliegtuig.
Die woorde “Cathay Paciic” het aan die kant van die Boeing 777-367 gepryk.
Die maatskappy se sosialemediaspan het vinnig die humor in die fout raakgesien en bevestig die vliegtuig word teruggestuur om weer geverf te word.
Die foto is oorspronklik op die Hong Kong Aviation Discussion Board gepubliseer, ʼn Facebook-groep vir vliegtuigliefhebbers.
Alhoewel die lugredery volhou die spelfout was slegs ʼn fout, is sommige persone onseker hoe dit kon gebeur. ʼn Ingenieur vir Haeco, ʼn instandhoudingsmaatskappy in die streek, het aan die South China Morning Post gesê die spasiëring is te akkuraat vir ʼn blote spelfout. “Ons het stensils. Daar sou ʼn oop spasie tussen die letters gewees het as dit regtig ʼn fout was.”
Die vliegtuig was van Xiamen in China, waar Haeco instandhoudingswerk vir die lugredery doen, na Hongkong op pad. Dit het vroeg Woensdagoggend in Hongkong geland. Die vliegtuig is al sedert 2004 deel van die lugredery.
Die fout sal waarskynlik die lugredery duisende uit die sak jaag om dit te herstel.
Gebruikers op sosiale media het ook vinnig grappe gemaak oor die fout:
I guess the ‘F’ isn’t working on someone’s keyboard…
— derekzappia (@derekzappia) September 19, 2018
No f’s were given that day
— Aghiad Haloul (@AghiadHaloul) September 19, 2018
Oops this special livery won’t last long! She’s going back to the shop!
(Source: HKADB) pic.twitter.com/20SRQpKXET— Cathay Pacific (@cathaypacific) September 19, 2018
Net solank die enjin klop disselboom is
So bly om te sien sulke foute word nie net hier gemaak nie!
HEHEHE MENSE Sê MOS SPELLING MAAK NIE MEER SAAK NIE?? Hoekom moan almal nou? Die deur is anyhow in die pad, nie plek vir al die letters nie . hehehehehe
Met die dat dagga verbruik in SA nou wettig is gaan ons seker heelwat spelfoute bykry.. Woudakom…. Selsee….. Em Tee En…. Tohouta… Sousoekie….
As dit maar net spelfoute was wat in Suid Afrika gemaak word, sou ons ook kon glimlag daaroor.
Hahahaha, lekker lag ek vir die berig.
Dagga is seker daai kant ook gewettig ?