Oeps! Vierjarige koop R37 000 se SpongeBob-roomyse

Noah Bryant geniet een van sy SpongeBob-roomyse (Foto: GoFundMe-veldtog)

ʼn Vierjarige seuntjie van Brooklyn in New York in die VSA het meer as $2 600 (sowat R37 000) se nieterugbetaalbare SpongeBob SquarePants-roomyse op Amazon gekoop.

Noah Bryant het 51 bokse van dié roomyse op Amazon bestel, berig die New York Post. Dit is meer as 900 roomyse altesaam.

“Noah se ma studeer maatskaplike werk aan die New York-universiteit en kan dit eenvoudig nie bekostig nie,” het ʼn vriendin, Katie Schloss, op ʼn GoFundMe-veldtog gesê. Sy het ʼn teiken van $2 619 gestel om die koste van die roomyse te dek, maar mense het reeds meer as $10 600 (meer as R150 000) geskenk.

“Baie dankie vir julle verstommende vrygewigheid en ondersteuning,” het Noah se ma, Jennifer, in ʼn opvolgplasing gesê, berig People. Sy het verduidelik haar seun is op die outisme-spektrum en “alle toekomstige skenkings sal aangewend word vir Noah se opvoeding en bykomende ondersteuning”. Sy het ook twee ander seuns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

VannieBaai ·

Sy kon seker die roomysbokse weer verkoop het om ‘n geldjie te maak? Hoop hul vrieskas is groot genoeg. Eet lekker ou seun :)

Hoekom ·

Al wat nodig is is die paar nommertjies agter ma se krediet kaart en siem sala biem…

Jax ·

Dit gebeur wanneer kinders op hul ouers se selfone “speel”. Dit gaan my verstand te bowe hoe ouers eenvoudig net hulle fone kan gee vir kinders wat nog nie kan lees en skryf nie. Daai kind het geen idee waarop hy/sy alles kliek nie. Kinders van daardie ouderdom moet nog met kryte, inkleurboeke, speelgoed en klim-en-klouter besig wees. Ouers moet hulle kinders sit en saam met hulle boeklees, inkleur en legkaarte bou.

Corne123 ·

Nee snert man hoe gaan n 4 jarige al die bank besonderhde invul esv snert man

Danie ·

O dis nice.
Skielik maak sy $8000 wins.
Ag ek bedoel, skielik maak die seuntjie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.