Die Italianer Eyob Faniel Gebrehiwet het Sondag die Venesiese marathon gewen ná ʼn bisarre voorval waar die ses voorlopers ʼn verkeerde afdraaipad gevolg het.
Die gunstelinge om die wedloop te wen, Abdulahl Dawud, Gilbert Kipleting Chumba, Kipkemei Mutai en David Kiprono Metto, het voor gehardloop en ʼn motorfiets verkeerdelik gevolg ná ongeveer 25 km. Hulle het ʼn hele paar honderd meter gehardloop voor hulle hul fout ontdek en omgedraai het. Hulle het sowat twee minute op hul tyd verloor.
Gebrehiwet, ʼn lid van die plaaslike Venice Marathon Club, was ongeveer ʼn minuut agter die voorlopers en was skielik die voorloper saam met Mohammed Mussa. Hy het dadelik vir Mussa begin weghardloop.
Die 25-jarige Gebrehiwet is die eerste Italianer in 22 jaar om dié wedloop te wen. Hy het die wedloop kafgedraf in 2 uur, 12 minute en 16 sekondes. Mussa het drie minute later (2:15:14) oor die wenstreep gestorm.
Gebrehiwet is in Eritrea gebore maar het in Oktober 2015 sy Italiaanse burgerskap bekom.
#atletica
l’azzurro Eyob Faniel
conquista la #Venicemarathon
in 2h12:16#record personale migliorato
di oltre tre minuti pic.twitter.com/mXF47Uo2qx— Atletica Italiana (@atleticaitalia) October 22, 2017
Bou vir daai “fancy” horlosies GPS in asb!
Goed vir hom wat gewen het.
Ek sou nie te trots op so n oorwinning wees nie. Dalk so trots soos caster is oor haar oorwinnings?
So trots soos die Proteas teen Bangladesh ;) Nee wat die ou kan trots wees, trots op sy vermoë om n padkaart te kan volg.
Ek sou reken dat roetebeplanning deel vorm van elke atleet se voorbereiding?
Hy’t nie gewen oor hy die beste was nie. Hy het gewen oor die ses vinniger ouens verdwaal het. Tegnies het hy gewen maar in werklikheid? Nee.
Hy’t gewen, tegnies ook ja. Hy’t die mees basiese ding reg gedoen. So as n atleet voor jou val of kramp en jy gaan verby, is dit ook nie n wen nie, want daar’t iets gebeur met die ander.
Hy het gewen! Was dit nie bedrog wat so beplan was nie? Ag daar is werk geskep vir kommissie van ondersoek?