Onbeskofte vrou kom haar moses teë by McDonald’s

Argieffoto (Foto: akiragiulia / Pixabay)

ʼn Ouer man se storie oor ʼn voorval by ʼn McDonald’s-deurryrestaurant is baie gewild op sosiale media.

In die video vertel die 83-jarige man dat hy by ʼn deurryrestaurant was toe ʼn jong vrou in ʼn motor agter hom ongeduldig geraak het omdat hy te lank vat. Sy het haar toeter gedruk en krutaal gebruik.

In plaas daarvan om die situasie te vererger, het die man besluit om vir sy eie en die vrou se etes te betaal.

Die vrou, wat oënskynlik van sy gebaar te hore gekom het by die kassier, het haar dankbaarheid betuig.

Die man het egter ʼn plan in die mou gevoer. Toe hy by die laaste venster kom, het hy albei kwitansies aan die werknemer gewys en met sy eie en haar bestelling weggery.

Die ongeduldige vrou moes dus weer in die ry val en van voor af met die proses begin.

Die video sluit af met die man wat sê: “Moenie jou toeter blaas vir ou mense nie. Ons is al baie lank hier,” onder luide applous en toejuiging van die gehoor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jixy ·

Het iemand dit regtig uitgevoer?
Ek het al hoeveel keer die grappie op FB gelees en gedink ek wil dit eendag doen met iemand wat ongeskik is.

Of is die hele storie dalk n urban legend?

Adrian ·

Net ‘n vraag, hoe het die Oom geweet wat die Vrou wil bestel?? ????

Piet 6 ·

Adrian, heel eenvoudig. Daar is 3 vensters, 1 bestel jy, 2 betaal jy en by 3 kry jy die bestelling. Hy het by 2 gesê hy betaal die bestelling agter hom ook. By 3 het hy altwee die bestellings ontvang want hy het die strokies vir altwee gehad.

Aai ·

Adrian jy bestel by interkom dan ry jy en betaal en dan tel jy jou kos by die tweede venster op so die oom was by die eerste venster om te betaal toe sy na hom ry so haar kos was klaar bestel deur haar by interkom en so het dit die oom tyd te gee om vir haar kos ook te betaal want hy was nog by die eerste venster.So stop sy by die eerste venster om te betaal toe se hulle vir haar die oom het betaal maar hy het ‘n plan gehad.Gee vir daai oom ‘n bells.

george ·

Baie Dankie vir die uitlegging Piet. Want Adriaan het nou regtig net die vraag gevra omdat hy iets wou kwytraak. Nee man Adrian, het jy nog nooit by n deurry restaurant gekoop nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.