Die Dierebeskermingsvereniging in Engeland ondersoek talle gevalle van dronk seemeeue wat “gedisoriënteerd en verward” optree in die suidweste deel van die land.
Die besope voëls is van strande oor Devon en Dorset gered. Beeldmateriaal wys hoe een van die seemeeue strompel en sy balans verloor.
Die DBV het aanvanklik gedink die voëls het moontlik ʼn bakteriële siekte onder lede, maar meeste van die voëls het egter herstel ná hulle gebraak het. Hulle het boonop almal na bier geruik en reddingsbeamptes het bepaal dat die voëls inderdaad besope is.
ʼn Paar van die seemeeue het gevrek, alhoewel meeste kon herstel “nadat hulle hul roes afgeslaap het”.
Beamptes het nog nie ʼn antwoord hoe die voëls dronk word nie. Daar is aanvanklik gedink dat die seemeeue moontlik bier drink wat oorgebly het nadat strandgangers plastiekglasies agtergelaat het. Daar word nou vermoed dat verskeie plaaslike brouerye van hul alkoholiese afval ontslae raak sonder om die natuur daarteen te beskerm.
Bron: SkyNews
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Sulke klomp suipgatte!!!….??
Miskien was hulle maar net see-siek?
Ek kry hulle jammer, maar dit is nogal baie snaaks!
Give the man a Bells!
Dalk was die water skaars, soos hier by ons?
Seker die Engelse Sokker span sien verloor..