Ongelooflik! Kykers dol oor vrou se ‘selfiekoek’

Natalie hou die selfiekoek vas (Foto: Sideserfcakes/Instagram)

As jy ʼn soettand het, sal dié kunstenaar se talent jou verstom laat.

Natalie Sideserf, ʼn koekbak-kunstenaar, het Maandag ʼn video op haar Instagram-profiel, Sideserf Cakes, gedeel. Sy het ʼn hiperrealistiese koek gemaak wat van die nek af boontoe presies soos sy lyk.

“Hoop jy het ʼn vreemde Maandag!” het sy in die beskrywing by die plasing gesê wat reeds meer as 2 miljoen keer gekyk is.

Die kort video op Instagram wys hoe die jong kunstenaar die koek in verskillende posisies hou: eers voor haarself om die indruk te skep dat dit inderdaad haar gesig is, en dan langs haar sodat mens die verskil kan sien.

ʼn Stuk van die koek is ook op die voorkop van haar skepping verwyder sodat mens kan sien dit is inderdaad ʼn koek.

Kykers loof haar kreatiwiteit. “Dit is mal!” skryf een gebruiker. “Om ʼn koek te bak wat presies soos jy lyk is mal. So talentvol!” skryf ʼn ander.

Sideserf Cakes het ook ʼn webwerf waar Natalie foto’s van haar skeppings deel en meer inligting verskaf oor hoe sy dié realistiese koeke maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misky ·

Sjoe, dis darem baie kunstig en goed gedoen. Ek nie soveel geduld nie en jaag gewoonlik alles af en my gesin wil gewoonlik net eet. Koek kry skaars kans vir afkoel en versiersel opsit – ha ha ha ha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.