Ongevalle toe ná sy gom in plaas van haarsproei gebruik

Skermgreep uit die video

ʼn TikTok-gebruiker moes onlangs ongevalle toe haas toe sy ʼn sterk gom in plaas van haarsproei gebruik het.

“Ek het nie meer Got2B Glued Spray [haarsproei] gehad nie, en toe gebruik ek Gorilla Glue Spray,” het Tessica Brown in haar video gesê. “Slegte, slegte, slegte idee.”

Sy wys dan haar blink hare, wat nou glad nie kan beweeg nie.

TMZ berig Brown moes Saterdag na ʼn hospitaal se ongevalle toe gaan nadat sy aanvanklik probeer het om met isopropiel alkohol die gom te verwyder – gebaseer op raad van die vervaardigers van die gom.

Sy het al ʼn maand lank dié permanente haarstyl, maar het eers verlede week haar fout op TikTok bely waarna die video ook wyd op Twitter gedeel is met die hutsmerk #gorillagluegirl.

Op haar Instagram-rekening het sy ʼn video gedeel waar iemand tevergeefs probeer om die gom uit haar hare te verwyder en foto’s van haar besoek aan die hospitaal in Louisiana in die VSA.

Gorilla Glue is ʼn uiters sterk huishoudelike gom wat in Amerika vervaardig word. Dit kan gebruik word om onder andere stukkende meubels te herstel. Dit kan op metaal, klip, hout, keramiek, spons, glas en talle ander tipe materiale gebruik word. Die gom is deursigtig, water- en temperatuurbestand.

@im_d_ollady

Stiff where????? Ma hair ????????

♬ original sound – Tessica Brown

 

 

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Tessica (@im_d_ollady)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

koos10 ·

Dubbel stupid. Gebruik eers gom op hare, en dan verkondig jy dit nog wêreld wyd.
Jy is ‘n goeie kanidaat om in SA se regering te dien!

wim ·

Ja daar is juis tydelik’n vankante pos in Cyril se kantoor.

HerculesJvV ·

Tipiese gedrag van die Tik Tok generasie….. Ek sak my kop in skaamte vir die gemors wat sommige van vandag se jeug na-streef, net vir kamma roem op die internet.

Smirre ·

Lyk vir my mos, of daai gom beter werk, ek meen sy hoef nou net 1 keer per jaar dit aan te went, is die wimpers ook so behandel ? lyk so :-)

Prontuit ·

wha ha ha ha jammer maar dis vir my skreeu snaaks dink sy het meer gegom as haar hare :-) ooghare beslis nie natuurlik nie – dankie vir die een dit het nou my dag gemaak – as jy dom is moet jy sukkel ne

Louise ·

Dis die probleem met ons samelewing om ander te vertel hoe dom hulle is…
Mense moet tog nie maak asof julle nog nooit n simpel fout gemaak het nie.
Tenminste is sy groot genoeg om haar fout te erken…
Wonder baie! die wat ander dom noem, voel jy dan skielik “SUPER”slim.

Natasha ·

Dis tien teen een verkeerd, maar ek het nou lekker gelag. Shame! Ek kry haar jammer! Ons almal het al iets uiters dom gedoen oor ons dit nie deurdink het nie. Ek hoop darem nie sy het permanente skade aan haar kopvel nie.

Frieda ·

Foeitog sy wou net haar hare mooi hou elke mens maak foute.

VannieBaai ·

hahahahahahahaha!!!! hahahahahahahaha!!!! Lolllllllll!!!!!! hahahahaha!!!!!!

Ansie ·

En nou oorweeg sy glo om die gomvervaardigers hof toe vat. Daar is blykbaar ‘n waarskuwing op dat dit nie op hare gebruik moet word nie. Hoe onnosel moet mens wees om huishoudelike gom op jou hare te spuit – en dit lyk ook nie na net ‘n bietjie nie. Moet maar haar kop in asetoon druk.

Smurf ·

Klink soos mense wat nie weet wat is die verskil tussen “super glue” en oogdruppels nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.