Ongewone verloofring maak wyd opslae

Carlee Alisan Leifkes se ongewone verloofring. Foto: Facebook

Carlee Alisan Leifkes se ongewone verloofring. Foto: Facebook

ʼn Amerikaanse vrou se ongewone verloofring wat sy Maandag op sosiale media gewys het, het sedertdien wyd opslae gemaak en internasionaal die media se aandag getrek.

Dit is nie ʼn blink diamant wat bo-op Carlee Alisan Leifkes se verloofring skitter soos ʼn mens sal verwag nie, maar eerder haar verloofde, Lucas Unger, se verstandtand!

Leifkes het ʼn foto van die unieke ring gedeel met die woorde, “So opgewonde om met my beste vriend te trou, die man wat weet dat ʼn verstandtand vir my meer beteken as ʼn diamant. Ons was nog nooit die tradisionele paartjie nie, waarom sal ons nou begin?”

ABC News berig díe ongewone paartjie het gedurende Halloween-vieringe in Kalifornië in die VSA verloof geraak. Die paartjie het glo saam op die idee vir die ring besluit ʼn paar weke voor die amptelike verlowing saam met Leifke se familie en vriende.

Carlee Leifkes en haar verloofde, Lucas Unger. Foto: Facebook

Carlee Leifkes en haar verloofde, Lucas Unger. Foto: Facebook

“Diamante is oordrewe. Ons is ʼn baie ontradisionele paartjie en ons hou daarvan om pret te hê,” het Leifkes aan ABC News gesê. “Die tand simboliseer die eienaardige, prettige en vreemde paartjie wat ons is. Elke tand is anders en die tand wys ook wat my man vir my sal doen. Lucas het letterlik hierdie tand gegroei en deur die pyn gegaan om dit te laat verwyder en al daardie moeite is in my verloofring in.”

George Boshaura van Bridwell Diamonds and Jewelry in Los Angeles het die ring ontwerp en gesê dit is die eerste keer in sy 30 jaar in die bedryf dat hy ʼn ring uit ʼn verstandtand maak. Die paartjie gaan op 21 November in Las Vegas afhaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kate ·

Nou vra ek BAIE mooi, asseblief Maroela, ons soek ‘n artikel van daai troue.

Eish! ·

Jammer Genis, jy moet vir jou geliefde gebruik. Onthou dit is deel van jou.
Tog ek het al gehoor hul se dat ‘n niersteen kan baie mooi wees. Ek persoonlik het dit nog nie gesien nie.

Ruby ·

Eeewww, nee dis nie vir my nie dankie.

Party mans kan baie vindingryk raak, wat is volgende……………. hie hie .

Yvonne Engelbrecht ·

Ag nee!! Hulle drink seker ook mekaar se bloed?

Susan ·

Elke mens het sy eie smaak en vreemdhede. Die ring is vir hierdie paartjie betekenisvol, en dis genoeg. Sy praat so mooi van haar verloofde, ek hoop hulle is gelukkig.

Theresa B ·

Hoe lekker lag ek nou vir Johann. Goeie genugtig…………ja nee. Wat kan mens nou sê??????

Lettie ·

Almal het verseker hul eie smaak en manier van dinge doen maar om die verstand in die ring op die vinger en die troue in Vegas “what happen in Vegas, stays in Vegas” dankie tog!!!!

Anita ·

ek dink dit is baie oorspronklik. Nou nie my smaak nie, maar hulle is besig om hulle eie memories te maak en eendag as hulle oud is gaan hulle goeie stories vir die kleinkinders kan vertel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.