Onpaar oorbelle vir rekordbedrag opgeveil

Die onpaar oorbelle (Foto: AP Foto/Kirsty Wigglesworth)

Twee verskillende oorbelle is verlede maand vir ʼn rekordbedrag in Genève in Switserland opgeveil.

CNBC berig die oorbelle is afsonderlik deur Sotheby’s aangebied, maar is saam deur ʼn anonieme koper van Asië opgeraap.

Die oorbelle, “Apollo Blue” en “Artemis Pink”, het elk ʼn peervormige diamant – die een blou en die ander pienk. Die diamante het ʼn hoë mate van deursigtigheid weens die chemiese suiwerheid daarvan. “Apollo Blue” is vir $42,1 miljoen (sowat R537 miljoen) verkoop en “Artemis Pink” vir $15,3 miljoen (sowat R195 miljoen), ʼn rekordbedrag vir ʼn paar oorbelle.

“Ek is bly die stene is deur dieselfde persoon gekoop sodat dit as ʼn paar oorbelle gebruik kan word,” het David Bennett, die voorsitter van Sotheby’s se afdeling vir internasionale juwele in Switserland, gesê.

Bennett het gesê daar is ʼn groot vraag na gekleurde diamante. “In die laaste vyf tot tien jaar was daar ʼn drastiese toename in bedrae wat aangebied is vir gekleurde diamante.”

Die vorige rekordprys vir oorbelle was die “Miroir de l’Amour”-oorbelle wat in 2016 vir $17,6 miljoen verkoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.