Ontmoet Raponsie – die tiener met die langste hare ter wêreld

Nilanshi Patel

Nilanshi Patel (16) van Indië het as sesjarige haar hare laat sny. Sy was só ontsteld dat sy daarna besluit het om haar hare so lank as moontlik te laat groei. Nou is dit 170,5 cm lank en sy is die Guinness Wêreldrekordhouer vir die tiener met die langste hare.

Dit duur ongeveer 30 minute om droog te word en dan nog ʼn uur om dit te borsel. Sy sê sy was haar hare net een keer ʼn week en haar ma is gewillig om haar te help om dié lang hare te versorg. Sy dra dit gewoonlik in ʼn vlegsel of in ʼn bolla en haar vriende reken sy is die ware Raponsie uit die sprokie.

Nilanshi is in die 2020-weergawe van die Guinness Wêreldrekordboek te sien.

Longest Hair On A Teenager – Nilanshi Patel

She's a real-life Rapunzel! Nilanshi Patel from India and her 170.5 cm (5 ft 7 in) long hair feature in the new GWR 2020 edition, out now ???????? http://bit.ly/GWR-Rapunzel

Posted by Guinness World Records on Sunday, September 8, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Antie ·

In Ons land het ek al kinders met langer hare as sy gesien, gevleg en dan teruggevou om aan vlegsel vas te maak met rekkie.

Susan ·

dis pragtig. wat ek die meeste van hou is dat dit so dik tot op die punte is. baie keer sien jy iemand met lang hare, maar ai tog die rafeltjies op die punte laat dit lelik lyk.

Elize C ·

Susan, ek stem saam, dit is ‘n pragtige dik bos hare. Ek het ook al dametjies gesien wat ten alle koste hulle “lang” hare wil behou, maar dan is dit so gebreek en al dunner na die punte toe, dat dit eintlik glad nie meer goed lyk nie, dit sou beter lyk as hulle dit liewer korter dra. Ai, hoe verlang ek nou na my lang bos hare wat ek met trots gedra het tot op 44-jarige ouderdom, en menigte komplimente voor gekry het. Maar myne het net tot op my heupe gehang, dit is die lengte wat ek dit gehou het.

Niklaas ·

Ek wonder hoeveel sy jaarliks bestee aan bottels sjampoe ? En daai bondel op die kop kan seker swaar wees om permanent te dra.

Oop Oge ·

Daar is niks mooier en meer vroulik as `n vrou met lang hare nie…
Sy is die ewe beeld van wat vroulikheid in God se Skepping betref en Hyself kan nie anders as om dit te respekteer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.