Ontwerp jou eie skoene met ‘e-ink’

e-ink-skoene4

Foto: shiftwear.com

Mens wonder altyd hoe tegnologie die alledaagse eendag gaan verander. As dit by dié skoene kom, is die toekoms reeds hier.

ʼn New-Yorkse maatskappy, Shiftwear, is besig om ʼn hoëdefinisie “e-ink”-skoen te ontwerp, wat jou toelaat om animasie en kleur-ontwerpe op jou skoen te vertoon deur ʼn rekenaar- of foon-app te gebruik.

Dié maatskappy het ongeveer 2 miljoen dollar om ʼn konsep-skoen te ontwerp, waarvan 128,560 dollar reeds ingesamel is.

As dié plan realiseer, sal die skoen middel 2016 beskikbaar wees en jou ongeveer 150 dollar uit die saak jaag. Jy sal kan kies uit drie ontwerpe, elk in verskeie kleure.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.