Op pad om heldetoekenning te ontvang, red hy kind se lewe

Sers. Kenneth O’Brien, Amerikaanse Lugmag (Foto: Airman 1st Class Mandy Foster/U.S. Air Force)

Hy het al ʼn persoon uit ʼn brandende motor in Suid-Korea gered, was deel van pres. Donald Trump se lyfwagspan tydens sy beraad met die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-oen en het ʼn belangrike rol gespeel toe 12 seuns en hul sokkerafrigter uit ʼn grot in Thailand gered is.

Sers. Kenneth O’Brien, gebaseer in Japan, was op pad na die VSA om erkenning te ontvang as een van 12 “uitsonderlike lugmanne van die jaar”, toe hy op 11 September vanjaar nóg ʼn heldedaad verrig het: hy het ʼn kind se lewe gered wat op die vlug verstik het.

Genl. Jim Slife, hoof van die Amerikaanse Lugmag se spesiale bedryfsentrum, het O’Brien se lof in ʼn Facebook-plasing besing.

O’Brien, oorspronklik van Indiana in die VSA, het 12 jaar gelede by die lugmag aangesluit. Hy het kort ná skool met sy basiese opleiding begin.

Hy steek graag hand op as enigiets gedoen moet word – maak nie saak of dit gevaarlike werk is en of dit ʼn leierskapposisie is nie. “Ek was net op die regte tyd op die regte plek,” het O’Brien gesê, aldus ʼn verklaring deur die Amerikaanse Lugmag.

Hy was in Julie 2018 instrumenteel in die plan om die groep sokkerspelers uit ʼn grot in Thailand te red. Hy was die Amerikaner wat die verste in die grot was, aldus die Amerikaanse Lugmag. Hy was die eerste persoon om by die kinders uit te kom en was daar toe die laaste seun gered is.

O’Brien was verstom toe hy as een van die 12 “lugmanne van die jaar” aangewys is.

Op die vlug van Okinawa na Dallas, om die toekenning te ontvang, het ʼn eenjarige kind verstik en sy bewussyn verloor. Hy het dadelik reageer, die kind se lugweg oopgemaak en KPR toegepas. Hy het vir die res van die vlug ʼn ogie gehou oor die kind.

Hy was weer nederig oor sy heldedaad. “Ek is net dankbaar die kind is oukei en dat ek kon help toe die gesin ondersteuning nodig gehad het. Ek was net op die regte plek op die regte tyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

kenneth ·

Kyk nou so soldaat. Netjies. Ek is sommer trots al is dit nou vir VSA. Eens was ons ook so trots op ons manne in browns.

Toergids ·

Die Sersant is wat ons noem ‘n Pararescueman, vandaar die PJ op sy boarm, dus is hy ‘n mengsel van waagmoed en trauma medisyne. Rêrige merkwaardige individue.

Willem ·

Wat ‘n lekker goedvoel storie om te lees! Lekker om te weet daar is nog mense met deernis vir hul medemens.

sweis ·

As ek so na die aksente luister van die afrikaans weet ek presies wie verantwoordelik is en ek hoop nie die weermag gaan nou ook ontplooi word in die groot winkelsentrums nie.

sweis ·

Verskoning die moes by die aanranding in canal walk gewees het.

Marianne ·

A soldier pf note. You make us all very proud too know there are real life HERO’S out there. May God Bless you abundantly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.