Optiese illusie laat mens kopkrap

Die optiese illusie wat mense laat kopkrap (Foto via Facebook)

ʼn Foto laat gebruikers kopkrap wanneer dit met die eerste opslag bloot lyk soos iemand wat in ʼn sneeubedekte woud instap.

Die foto is wyd op sosiale media gedeel en meeste persone sê hulle sien ʼn figuur, met krullerige deurmekaar hare en vermoedelik ʼn rugsak, wat weg van die kamera in die woud instap.

Wanneer mens egter die foto van nader bestudeer, dan wil dit voorkom of daar iets anders te sien is.

Die foto, wat oorspronklik op Facebook gedeel is, is eintlik ʼn foto van ʼn swart poedel wat na die kamera aangehardloop kom uit die sneeubedekte woud.

Dit wat aanvanklik lyk soos die kop van ʼn persoon, is die stert van die hond en die “rugsak” is die hond se gesig.

“Ek moes my bril afhaal om mooi te kon sien!” het een persoon gesê. “Ek het lank na die foto gekyk en eers toe ek hoor wat dit is, kon ek verstaan wat aangaan,” het ʼn ander gesê.

Sommige sê hulle het byna moed opgegee om die foto te ontsyfer, maar honderde meen hulle het sommer dadelik gesien dit is ʼn hond. “Hoekom kan ek nie die man sien nie? Ek sien net die hond!” het een gebruiker laat weet. “Dis belaglik. Almal sien tog dadelik ʼn hond, reg?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Petrus ·

Die (sogenaamde) hond se linker voorpoot is buite proporsie lank… Lyk vir my na ‘n gemanupileerde foto.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis omdat die ander poot gebuig is by die knie. Hierdie soort poedels is baie lank in die bene.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek sien albei, maar het eers die man gesien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.