Met die eerste oogopslag sal jy waarskynlik óf ʼn piramide óf ʼn gat in ʼn pilaar sien.
Sodra jy egter stip begin kyk en bietjie op die prent fokus, sal jy waarskynlik sien dat dit na die een of die ander verander – óf ʼn gat, óf ʼn piramide bo-op ‘n pilaar. Dit lyk dalk soos ʼn piramide, maar as jy mooi kyk, dan laat die hoeke en skadu’s dit byna lyk of daar dalk ʼn gat in die pilaar is.
Ons kan egter met redelike sekerheid bevestig daar is nie enige gat in die pilaar nie, en dat dit beslis ʼn piramide bo-op ʼn pilaar is – kyk mooi na die skaduwee aan die voorkant – die lyn is nie reguit (soos wat die geval sou wees indien dit wel ʼn gat in die pilaar was nie).
Wat dink jy?
Defnitief piramiede bo op die pilaar
Stem! Piramide bo op die pilaar!
Ek dink weer dis ‘n gat. As dit ‘n piramide was met son van links af sou die pilaar se linkerkant ook son gehad het. Ek dink die son kom van regs, vandaar die son wat aan die linkerkant op die grond skyn?
Drie-dimensionele “sieners” soos ek sal onmiddellik sê: “Piramide bo-op die pilaar”. Dit is hoekom die nuutste Renault-motoradvertensie my grensloos irriteer – ek sien al drie “blokkies” waarin die advertensie kort-kort verdeel, gelyk en dit verwar my.
Miskien opgeverf?
Piramide
Piramide. Die skaduwee maak dit duidelik
Dieselfde effek word verkry met ‘n lang kubus (driedemensionele blok)As jy stip na die kubus kyk sal hy verander van horisontaal na vertikaal en anders om.
Piramiede bo op pilaar. Duidelik soos daglig met n skaduwee op die voorste driehoek van piramide.
Piramiede – daar is ‘n skaduwee op die rand buitekant glo dit sal nie deur ‘n opening/gat in die pilaar gemaak word nie.
Hoekom kan ek nie die prent sien nie?
☺ Dankie!
Adrie-Kyk stip na die skadu driehoek se onder linkerkant,sonder om jou oe te knip.Kyk dan effens skuins regs,sonder om te knip,en die effek van ‘n gat in die pilaar behoort jy te sien.Sodra jy oe knip, sal die piramide effek weer verskyn.Hoop dit werk vir jou.
Is hier niemand anders wat opmerk hoe die skaduwees glad nie sin maak nie? Aan die onderpunt van die pilaar wys die skadu na die kamera se rigting, maar bo-op die pilaar wys die skadu na regs. Die enigste logiese verduideliking is dat die gat/piramiede bo-op geteken is (as mens sou ignoreer dat hierdie duidelik ‘n digitaal-geskape prent is)
The left side is painted lighter and the right side darker it’s flat no pyramid no whole
Julle is almal verkeerd dis een van die pilare wat die plat aarde in die lig hou.
lolololololololol
Baie swak photoshop. lol
Beslis ‘n piramiede op die pilaar. Die skaduwee gee die aanduiding. Indien dit ‘n gat in die pilaar gehad het sou die skaduwees beslis anders gewees het. Mense wat drie dimensionele insig het kan dit dadelik sien
Dit lyk baie soos ‘n piramiede ‘cap block’ wat ‘n mens bo op ‘n pilaar sal plaas om dit af te rond.
‘n Piramiede afronding bo-op ‘n pilaar.
Kyk onder die pilaar dan kan jy sien daar is n deelvan skaduwee en waantoe dit gaan. Dit is aanduiding van watse kant af die son op hom skuin.
Indien dit n gat in die pilaar was sou die skaduwee van die gat teenoorstelde plek gewees het as tans. Maar die skaduwee ( boonste skaduwee) is in n ooreenstemende plek vir n piramide om bo op die pilaar te wees.