Orangoetang bied ʼn helpende hand

Foto: Anil T Prabhakar/Borneo Orangutan Survival Foundation

ʼn Foto het die oomblik vasgevang toe ʼn orangoetang ʼn natuurbewaarder wou help wat gelyk het of hy in ʼn rivier vasgekeer is.

Die foto is in ʼn natuurbewaringsgebied in Borneo geneem toe die man na slange in die rivier op soek was om die ape in die gebied te beskerm. Dit lyk of die orangoetang sy hand uitstrek om die man te red wat heuphoogte in die modderige rivier staan.

Die Borneo Orangutan Survival Foundation het die foto op Facebook gedeel waar dit gebruikers se hartsnoere geraak het.

Die foto is deur Anil Prabhakar geneem. Hy was op safari saam met sy vriende toe hy op dié roerende toneel afgekom het.

Prabhakar het later gehoor die onbekende man in die foto werk vir die stigting, wat die bedreigde spesie probeer beskerm.

Die man het nie die orangoetang se uitgestrekte hand aangeraak nie, omdat dit ʼn wilde dier is. “ʼn Orangoetang het na die wal toe gekom om te kyk wat hy doen. Hy het nader gekom en sy hand uitgestrek. Die natuurbewaarder het net wegbeweeg. Toe ek hom later vra hoekom, het hy gesê dit is ʼn wilde dier en hulle is nie vertroud met mekaar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misky ·

Te dierbaar vir woorde!!!! So spesiaal en maak my hart sommer warm

Wiehan ·

Ek vertrou liewer die oerang oerang voordat ek ons regering vertrou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.