Oseaan of motordeur? Internet krap kop

Foto: Nayem/Twitter

ʼn Foto van ʼn motordeur, wat soos ʼn foto van die see lyk, laat sosialemediagebruikers kopkrap.

Die gebruiker Nayem op Twitter het ʼn foto gedeel met die byskrif: “As jy die strand, oseaan, lug, klippe en sterre kan sien, is jy ʼn kunstenaar. Maar dis nie ʼn skildery nie. Dit is ʼn motordeur wat herstel moet word.”

Sy foto is intussen wyd op sosiale media gedeel, met persone wat aanvoer dat hulle glad nie die motordeur kan sien nie. Dit help as jy weet dat die skaduwee op die sand eintlik die skaduwee van die motor op ʼn stuk grond is. Die “golwe” is die gekraakte plastiek onderaan die motordeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

kardeur ·

Die gedeelte wat beskadig is, is eintlik nie deel van die deur nie maar die trap onderkant die deur.

Maritza van Wyk ·

Ai ek het lank gekyk en kon geen motordeur sien nie, al wat ek kon sien is see en sand oor en oor, eers later toe ek die verduideliking lees toe snap ek. Sal help as mens eers lees!

Heidi ·

Yeeaaahhh ek is n kunstenaar! Wou nog altyd een wees. Sien sowaar NIE n kar deur nie.

moeksie ·

ek sien dit…. verbeel jou jy staan agter die deur en kyk afwaarts… dis die deur bo, en dan die “Damaged” gedeelte sal dan onder wees op die grond…. die deur is op gefrommel aan die onderkant, wat soos see golfies lyk ….. :-)

Nettie ·

Ek sien toe ook eers oseaan en strand, maar toe sê logika vir my dit kan nie die oseaan/strand wees nie, want waar breek branders só ongelyk op die strand? By verdere nabetraging het ek darem tot die regte gevolgtrekking gekom. So wat maak dit my? Realis of kunstenaar?

Lizl ·

Lyk vir my soos `n swak foto van die oseaan… Eers gedog dis `n foto geneem deur `n venster wat vol water druppels…

Franje ·

Laat my dink aan die 3D prente van jare terug! Dis tog te lekker om die prent agter die patrone te sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.