Oubaas se honne! Wêreldrekord vir meeste tennisballe

Finley Molloy (Foto: finnyboymolloy/Instagram)

Meeste honde is dol daaroor om ʼn bal te vang, maar sommige is selfs liewer daarvoor as ander.

Finley, met behulp van sy eienaar Erin Molloy, se naam is nou amptelik in die Guinness-wêreldrekordboek opgeteken vir meeste balle in sy bek – ʼn allemintige ses balle!

Die goue apporteerhond, wat as ʼn babahondjie in 2014 by die Molloy-familie aangesluit het, is lief vir swem, om bal te speel, in die sneeu rond te rol en klein diertjies te jaag wat op sy erf kom ondersoek instel.

Finley, van Canandaigua in New York in die VSA het as tweejarige reeds vier tennisballe in sy bek rondgedra. In 2017 het sy eienaar opgemerk hy kan ses tennisballe ronddra.

“My pa het vir hom ʼn tennisbal gegooi, dan sal hy dit vang, dit laat val, en vir nog ʼn tennisbal wag wat in sy rigting gegooi word,” verduidelik Erin. “Eerder as om net een bal op ʼn slag terug te bring, het hy al ses tegelykertyd teruggebring! Hy is nou al ʼn hele ruk lank ʼn bal-gaarder!”

Erin het aansoek gedoen vir die Guinness-wêreldrekord toe sy gesien het die vorige rekord is vyf balle in die bek wat deur die goue apporteerhond Augie in 2003 opgestel is.

Finley het intussen ook byna 50 000 volgelinge op sy Instagram-blad bygekry.

“Ek hoop mense kyk na Finley en sien die absolute vreugde en dat hulle sal sien hy is die vrolikste hond. Hy bring nie net vreugde vir sy familie nie, maar vir mense oraloor die wêreld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vrijburger ·

Waaaat? Apporteerhond!
Ek jag al jare met ‘retrievers’, nooit geweet dit die Afrikaanse naam is nie.
Dankie vir die leergeleentheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.