Renat Agzamov was in ʼn stadium ʼn Russiese bokskampioen, maar nou verwerf hy wêreldwyd bekendheid vir sy uitspattige troukoeke – elkeen ʼn meesterstuk.
Dié eetbare kunswerke word vir honderde en selfs duisende dollar verkoop.
Renat beskryf homself as ʼn werkoholis en sê hy het sy eerste koek gebak toe hy maar sewe jaar oud was. Hy het tot dusver meer as 2 700 koeke gebak en probeer deurgaans om sy eie vaardighede te verbeter en sy kliënte se verwagtinge te oortref.
Dié voormalige bokskampioen is nou een van die wêreld se mees gesogte koekbakkers en hy het hoëprofielkliënte oor die wêreld heen.
Hy het al verskeie fyngebakkompetisies ook gewen, maar sosiale media (spesifiek Instagram) het hom die internasionale blootstelling gegee wat hy nodig gehad het. Hy spog met meer as 2 miljoen aanhangers en deel gereeld foto’s van sy jongste skeppings.
Besoek sy Instagram-blad om ook die indrukwekkende koeke te sien wat hy vir kinders maak.
“Ek is baie gelukkig,” sê hy. “My stokperdjie is my werk!”
Jislaaik maar hierdie man het voorwaar ñ talent gekry!! Dit is pragtig!!
Die Cake Boss kan gaan slaap. Die is nou talent en so baie mooi.
Ongelooflik! Nog nooit so iets gesien nie. Buddy kan maar gaan slaap!
Dit is pragtig, maar kan mens dit regtig eet? Of is dit net ‘n klomp icing?
icing is ook reg :-)
Asemrowende kuns….sprakeloos mooi
❤️????❤️????❤️