ʼn Duitse toeris, wat bekend staan as “Ouma Ella”, vier Dinsdag haar 104e verjaarsdag by die Dooie See in Israel.
Eleonore Kastner, gebore in 1910, hou saam met sowat 40 vriende vakansie in Israel.
“Toe Kastner vier jaar gelede haar 100ste verjaardag gevier het, het sy besluit om “so bietjie te leef” en haar verjaarsdag elke jaar iewers anders te vier,” het Lydia Weitzman, woordvoerder vir die ministerie van toerisme in Israel, gesê.
Kastner het reeds die Vatikaan, Monaco, Oostenryk en München besoek, maar het hierdie jaar besluit om Israel, veral die Dooie See, te besoek.
Ouma Ella is ook een van die wêreld se oudste Facebook-gebruikers en haar avonture kan op haar profiel gevolg word.
Volgens Weitzman is Ouma Ella dalk die oudste Duitser wat nog ooit besoek afgelê het aan dié land. Die ministerie sal ook ʼn verjaardaggeskenk, ʼn spesiale Bybel, aan haar oorhandig.
Lekker lekker. Geniet dit Ouma Ella.