Ouers hof toe om 30-jarige seun uit hul huis te skop

Die Rotondos se huis in Weatheridgerylaan 408, Camillus, New York (Foto: Google Street View)

ʼn Welgestelde egpaar van New York het ʼn hofsaak gewen om hul 30-jarige seun te dwing om sy ouerhuis te verlaat.

Mark en Christina Rotondo het die Onondaga-hooggeregshof genader ná hul seun vyf kennisgewings tussen Februarie en April geïgnoreer het waarin hulle hom versoek het om hul huis in Camillus te verlaat, het Syracuse.com Dinsdag berig. Camillus is ongeveer 420 km noordwes van Manhattan geleë.

Sy ouers het verskeie briewe aan Michael oorhandig waarin hulle hom skriftelik versoek het om die huis te verlaat. Sy ouers het selfs in Februarie ʼn bedrag van $1 100 vir hom gegee om seker te maak dat hy op sy voete kan kom. In die briewe het hulle hom aangeraai om van sy besittings te verkoop (bv. hoëtroustel, gereedskap en “veral enige wapens wat jy besit”). “Daar is werk beskikbaar vir mense met ʼn swak werkgeskiedenis soos jy. Gaan kry ʼn werk!” Sy ma het ook aangebied om hom te help om ʼn huis te kry.

Regter Donald Greenwood het ongeveer 30 minute lank met Michael gestry om hom oor te haal om vrywillig uit te trek voor hy hom uiteindelik beveel het om sy ouerhuis te verlaat en beslis het dat volwasse beskermingsdienste moet ondersoek instel.

Michael Rotondo (Skermgreep uit Syracuse.com se video)

Michael het vroeër na ʼn saak verwys wat bepaal dat gesinslede ten minste ses maande kennis moet kry voor hulle uitgesit word, maar die regter het daarop gewys dat ʼn appèlhof reeds die beslissing omgekeer het.

Greenwood het glo gesê Michael se eis, dat hy nog ses maande moet kry, is “buitensporig”, maar die seun het gesê die uitspraak is “buitensporig”.

Die hof het egter nie enige sperdatum gegee waarop Michael sy ouerhuis moet verlaat nie. Sy ouers se prokureur, Anthony Adorante, het egter gesê hulle sal ʼn “redelike tyd” vir hom gun om die huis te verlaat.

Michael het ná die uitspraak aan verslaggewers buite die hof gesê hy is van voornemens om te appelleer en het na sy ouerhuis teruggekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Joshua ·

Tye het verander, die kinders kry nie werk nie en kan nie finansieël onafhanklik raak nie. Jy leef nog met jou kop in die verlede.

Mel ·

Stem Pieter, grootste probleem met vandag se kinders is vandag se ouers. Ek het 2 seuns, een 19 (eerste jaar op universiteit) en een 22 en met albei gaan dit boverwagting goed. Ouers maak hulle kinders groot met die “mind set” dat hulle geen toekoms het nie, en as hulle dan niks bereik nie, blameer hulle die politiek in die land. My oudste kwalifiseer een vd dae en het reeds het ‘n baie goeie werk, en verdien n baie goeie salaris, hy het nie in sy woonplek wat hy by die huis gehaad het nie,, maar ons het dit ook nie op sy ouderdom gehaad nie. My jongste het n 100% beurs by n groot myngroep, nie omdat ons kontakte daar het nie, hy het die regte kanale gevolg en die Here was goed vir hom, maar ook omdat hy toe sy vriende in hoërskool gejoll het, hy agter sy boeke sy dae deur gebring het. Ek gun my kinders hulle eie lewe, die swaarkry en die soet want dit bou karakter… as jy nie eers in jou kind se vermoë glo om op sy eie voete te staan nie hoe gaan iemand anders?

Tania Heyns ·

Dagsê Kaspaas

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Telke ·

Te veel “kinders” van 30+ teer van hul ouers af, ouers gee alles wat hul wil he, en so bly hul tot hul 40 is by ma en pa. Pateties.

Peter ·

@Joshua, ek’s 29, bly al op my eie van 20 af, tye het verander ja, net soos meeste blanke kinders “te goed” is vir sekere werke. Daar is werk daar buite, maar hulle wil nie werk doen wat “onder” hulle is nie. Hulle moet begin groot word en besef hulle is nie “kinders” nie. Dis net van pure slegheid.

Nettie ·

Maroela Media, hoe “verlaag” iemand ‘n huis? Sien paragraaf 2.

Tania Heyns ·

Dagsê Nettie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

VanAfrika ·

In SA is dit te gevaarlik vir blanke kinders om alleen te gaan bly, los maar ons kinders net waar hulle is.
Dit bygesê, my seuna bly nog by my want hy het geswot as klank ingeneur en het n diploma en verdien n slegter salaris as n klerk, daar is nie n manier dat hy n huis en kar kan bekostig of n familie te kan hê nie. Ons het alles probeer om sy loopbaan van die grond af te kry maar niemand stel belang om hom n kans te gee nie, Ek as ma het tot Amor Vittone se ma gebel en sy het ons n kontak gegee vir die mense wat Oppiekoffie reel en die se seun sou my seun kontak, drie jaar later het nie n woord van niemand gehoor nie. Ons het “almal” genader maar geen sukses nie. Nou kyk ons dat hy maar IT gaan swot volgende jaar, n beroep waarin sy pa is en verdien by verre meer as n simplel klank ingeneur. Ek was so opgewonde saam met hom toe hy gradeur want hy gaan mos nou goeie werk kry, sy eie huis koop en die wêreld vol rits, nou werk hy vir iemand wat klank toerusting verkoop wat glad nie is wat hy wou doen nie, bly nog steeds by my en sal nie n huis kan bekostig nie. So los my maar my kinta tot hy op sy voete is, hopelik eendag.

32enblynogbymamma ·

Ek is self 32 jaar oud en bly nog by my ouers. Eerstens wil ek nie vrou alleen in n plekgaan bly nie. Tweedens kan ek nie sien hoekom ek 7000+ per maand vir n plek moet betaal waar ek net in die aand slaap nie (aangesien ek voldag werk en deeltyds swot en klas bywoon). En my ouers is heel tevrede dat ek nog onder hulle dak bly.

Ek ook ·

Eks in my mid dertigs en gaan nerens heen trek nie, selfs al kan ek dit bekostig. Baie veiliger en goedkoper.

Piet Snot ·

As dit ‘n simbiotiese verhouding is wat almal bevoordeel, is daar niks mee verkeerd nie.
Dit beteken natuurlik die kind moet huur betaal, sy deel vd kos betaal, en in die huis help.
Hy moet egter nie op onwillige ouers teer nie.

christa ·

kinders moet van jongsaf selfstandig geleer word sodat hulle hulle eie potjie kan krap as hulle die skool verlaat. Mammas is verantwoordelik vir bedorwe kinders wat te bang is om op hulle eie voete te staan.

Charles ·

Sê ek ook Christa, “volwasse kinders” bly vasklou aan die gemak van by pappa en mamma bly. As jy nóg nie teen dan selfstandig is nie, moet jy maar vrede maak dat jy nooit gaan wees nie. n 30jarige is lank nie meer kind nie.

dolphin ·

as die kids van jong ouderdom van die skool verlaat kan solank by ouers bly tot dit reg kom met werk kry en allerhande goed van bly plek en karre ens kan dit verlaat die ouers.alles is duur in die lewe kan so dadelik bekostig van die blyplek nie salarisse word dit byna min .

Hoe nou ·

Sjoe dolphin, jou kommentaar maak glad nie vir my sin nie…?

MJ ·

Ek het ook tot op 30 by my ouers gewoon. En ek sal altyd dankbaar wees dat ek dit so kon doen, want in daardie tyd kon ek vier Universiteitsgrade voltooi… Sal ook my kinders help totdat hul op hul eie voete kan staan. Nie alle kinders wat op ‘n ‘hoë’ ouderdom nog by hul ouers bly, bly daar omdat hul nie selfstanding is of op hul ouers wil teer nie!

Oujongvrou ·

As mense dit wil doen, los hulle dan uit. Is SA kan hulle maar by ouers woon tot hulle 50 is want daar is geen vooruitsigte daar buite vir blankes nie. Solank hulle nie drink en dwelms gebruik is dit maar wat mense nou doen. So los hulle uit.

M ·

Solank as daar ‘n Here is, is daar hoop vir almal.

Klink soos JEllievisse, geen backbone om self verantwoordelik te wees vir jou huis ens nie.

Ek lag nou eintlik lekker. Dat ouers ‘n kind moet hof toe sleep….

Elma ·

My kinders kan enige tyd in my huis kom bly , ek sal dit verwelkom

Werkloos ·

Ek is 33 met n Meesters en 8 jaar ondervinding en terug by my ouers.. Goed genoeg om almal se werk te doen maar nie om genooi te word vir permanente pos onderhoud nie, vel te bleek daarvoor.. Kom ons se net ons land is n gemors..

Oupa John ·

Werkloos met ‘n Meestersgraad, ja, dit gebeur. Maar hier is raad, raak ontslae van jou tonnel visie, jy het nie nodig om in SA te bly nie. Die wereld daar buite wag vir jou on lewe te kry, en jou droom te gaan verwesenlik in ‘n ander land, want, ‘n profeet word in sy eie land nie ge-eer nie. Raak dapper, wees braaf, emigreer.

Verstom ·

WAT ‘n looser. Ouers het hom seker verstout en bederf en sy sin gegee in alles sy lewe lank. NOU wil hulle ogies rek. Nee boeta. Julle moes daai boompie gebuig het en hom die regte weg geleer het van jongs af. Daar is geen manier dat ‘n kind – ‘n seun, ‘n man – wat reg opgevoed is SO sal uitdraai nie. No way.

Mac ·

Ek sou nie gevoel het ek is n man as ek nog tot 30 by my ouers moes bly

Annetjie ·

My seun van 31 bly nog by my – hy het n brein operasie ondergaan – hy werk maar sy salaris is so min – hy sal ni n plek kan bekostig nie – so ek is bly my kind is nog by my – en dit gaan glad nie oor selfstandiheid nie – ek het my kind goed geleer en nie almal het geld om te emigreer nie.

FG ·

Ja en wat van `n volwasse vrou van in die 40`s ( Geen familie van die mense waars sy bly). Sy plak al 6 + jaar by familie van my . Sy`s `n kans gegee om haar voete te vind . Stel nie belang om `n werk te kry nie. Pateties. Sy word ook, so genoem, ultimatims gegee, maar als val op dowe ore. Le heeldag by die huis en doen niks.

Herman ·

Ek was ook in die 30s toe ek uiteindelik uit die nes is. Gelukkig kon ek trek met 3 eiendomme op my naam – self aangeskaf my ouers kom my nie fianasieel help nie. Na jare is ek in die posisie om hulle finansieel te help as ek moet. So almal het maar sy rede hoekom hulle lank in die ouerhuis vertoef…

Dina ·

Ek dink die ouers pluk nou die vrugte van die boom wat hulle grootgemaak het.

rina ·

Ek dink sommige kinders wat so by hulle ouers bly tot oudag toe is bang vir die lewe, hulle vrees die dag as hulle op hulle eie moet funksioneer, ‘n mens moet dalk begrip he vir die sulkes maar hulle moet geleer word dat die lewe is maar soos hy is en dat hulle dit moet aandurf hoe gouer hoe beter.

Stefaans ·

Ons kinders het vir die eerste 21 jaar by ons gebly.
Ek dink ons moet nou by hulle intrek, dit kan net lekker wees om heeldag niks te doen en met die kleinkinders te speel. As die dak lek is dit hulle probleem.

Leah ·

Mens het begrip daarvoor as daar omstandighede is wat ‘n kind dwing om lank in sy ouerhuis te bly, maar dis selfsugtig om te bly as jy dit doen omdat dit vir jou gerieflik is of omdat jy eers op jou voete wil kom. Baie van ons het begin met tweedehandse goed en gesukkel, maar dit het ons geleer om te waardeer waarvoor jy werk. Ouers het ook die reg op ‘n lewe na kinders.

Judge Dredd ·

In ander kulture is dit algemeen dat kinders, ouers en selfs grootouers saam in huis woon.
Die blanke bevolking in SA word dit ook al hoe meer algemeen.
Wit kinders sukkel om werk te kry en ouers verdien ook nie noodwendig goeie salarisse – so die saambly kan hulle koste deel/bespaar.
Kriminele is ook lief om die ouer mense aan te val. so as die kinders nog in huis is, gee dit meer sekuriteit aan ouers.
Wat nie reg is as die kinders maar net teer op die ouers – so hulle moet hul kant bring – help in die huis en doen ten minste ‘n poging om werk te verkry indien hulle nie een het.
En dan natuurlik sal dit better wees as die verblyf toestand beide partye ‘n mate van privaatheid gee – aparte granny flat of kelder.

NOOIT!! ·

WOW! 30 & ouer en steeds by jou ouers – hoe gaan jy man / vrou kry eendag, sal seker dan nog by jou ouers bly. Nie net goedkoper nie maar lekker gerieflik, ma speel seker skoonmaker, kosmaker ens.

Ag nee jinne, sekerlik wil ‘n ou ook op ‘n stadium volwasse wees en jou eie ding doen.

Praat van mense wat nie die boodskap kry nie – JOH!

JSO ·

Ek het op 17 al my ma se huis verlaat. Eie woonstel, eie voertuig, eie studiegeld. As mens net WIL, dan KAN jy.

Sannie ·

Ek persoonlik dink dit is als oor gesindheid, tye het verander. Families moet saam staan, maar ek is baie bly ek het my ouers gehad as enkel ouer van 2. So veel so dat ek nooit eers kon se ek is ‘n enkel ouer nie want Ouma en Oupa was my co-pilots. Hulle het toe nou onlangs verhuis en ons het die huis oorgekoop, nou is die huis te groot en die verantwoordelihede amper verdubbeld, en ons wens hul wil terug kom huis toe.

Francois ·

EK glo elk se omstandighede is uniek. Ek kon ongelukkig self eers destyds op 29 huis verlaat en op my eie voete staan. Het gesit met 2 grade agter my naam, maar gewerk vir ‘n piepklein salaris wat nie eens genoeg was vir verblyf nie. Met daardie salaris het ek maar elke maand my deel bygebring tot die huishouding, terwyl ek uitgekyk het vir beter werk en deeltyds verder studeer het saans. Het uiteindelik ‘n stewige pos gekry in die buiteland en vandag het ek ook ‘n pragtige gesin van my eie.

Ja, daar is sommige mense wat NIE wil werk, maar net so is daar ook diegene wat noodgedwonge so moet bly tot en met omstandighede verbeter. Hou dus op om ander mense te kritiseer wie se omstandighede jy GEENSINS vertaan nie. Leef en laat lewe.

honourable member ·

Ouers moet daar wees vir hulle kinders. Mens help waar jy kan. Ek sal verseker nie my kind net uit die huis “gooi” nie. Werk in hierdie land is skaars. En met dit beteken dit ook nie ek sal toelaat dit my kind op my “teer” soos wat baie keer die geval is nie. Daar is n streep wat getrek word met alles.

Erika ·

Ek is ook eers in my laat twintigs uit die huis na ‘n goeie salarisverhoging, maar is spyt ek het dit nie al op ‘n jonger ouderdom gedoen nie. ‘n Mens staan eers werklik op jou eie voete wanneer jy alleen is. Toe ek nog ‘n kleiner salaris verdien het en by my ouers gewoon het, het ek egter tot alles bygedra en met alles in die huis gehelp.

Herman ·

Niks verkeerd daarmee om by jou ouers te bly as jy bydra tot die welsyn en vooruitgang van die familie nie. Dit blyk duidelik nie hier die geval te wees nie. Jammer om te meld dat dieselfde situasie in baie Suid-Afrikaanse huise ook voorkom. Jongmense wil doodeenvoudig niks doen nie. Ouers is in meeste gevalle self daarvoor te blameer.

Se net ·

My children are 13 and 17 and have stated dreaming about their own place, their futures and even on how they can help us one day. We are encourage independence and entrepreneur if they were to.stay in South Africa. That relying on on a job from someone is probably not realistic these days and.there many ways to make your own way. Even so, my kids are.welcome to.stay as long as they need but electricity be expected to.contribute in proportion to what they earn. My daughter works for a very small.salary while she is at school training children but the joy and the experience is worth it. It teaches her commitment and perseverance. She is always very proud when she has done something with the.money she earned. There is a very big difference when ayou child stays at home who has.ambition and parents enable.the laziness and a child that stays at home and contributes positively in all.areas of.the family house. But in.the story above the young, almost.middle aged man is taking advantage of.his parents and they are sick.of.it and.rightfully so. Just saying…

Wik-en-weeg ·

Almal het gesê my vriendin was hard met haar kinders toe hulle van kleins af geleer is om interpreneurs te wees. Hulle het koekies gebak, sjokelade vormpies, en selfs koerante afgelewer. hulle het die dag toe hulle uit matriek stap, hulle eie potjie begrin krap. Ander mense wat se kinders saam met hulle groot geword het, vandag 37, bly nogsteeds by hulle ouers en verdien ‘n stewige salaris. Hoekom, want dis goedkoop…. maar intussen sit hulle (die kinders) met bankrekeninge wat vir ‘n huis, ‘n motor, ‘n vakansie huis, ‘n troue, ten volle gemubileerde huis, ‘n wittebrood ens kontant kan betaal! Arme ma en pa moet al 3de verbande op hulle huis uitneem om almal te onderhou. dis nie regverdig nie. Gaan daai kinders vir hulle ouers sorg as die fonteintjie leeg is of as hulle oud is en nie meer kan versorg nie? ek twyfel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.