Oulikste video: Kyk hoe vorder die tweeling!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Talle paartjies deel fotoreekse op sosiale media van hul swangerskap, maar dié egpaar het moontlik die mees kreatiewe tydsverloop saamgestel terwyl hulle gewag het vir hul tweeling.

Adrien en Stephanie het die belangrikste oomblikke van hul swangerskap met Leo en Chloe afgeneem en dit in ʼn video omgeskakel.

Die paartjie, wat in Frankryk bly, het hoofsaaklik die Eiffel-toring as ʼn agtergrond gebruik en in ʼn stadium asem Stephanie die lug van ʼn ballon in wat Adrien opgeblaas het, terwyl dit lyk of die lug haar magie laat swel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maria ·

Genugtig wat is dit met mense dat hulle gedurig vir ons hul kaal swanger buike wys?
Die volgende is die seks daad !
Hou jou in moeder daar rus n vloek op mense wat God se werke so goedkoop maak!

Andre ·

Rustig moeder Maria rustig…
Dis hulle reg om oulik en kreatief te wees.
en ek vermoed hulle kinders gaan mal wees oor die video eendag…

Annika ·

Ek sien niks fout daarmee nie. Dis ñ oulike idee en beslis nie sekssisties nie.

Jessica ·

Dis net ‘n magie.. wat van die duisende meisies wat in bikini’s op die strand loop? Is dit dan ook so ‘n vreeslike sonder?! Ek dink jy gaan bietjie tekere oor niks nie. Dis ouers wat lief is vir hulle kinders, wees eerder dankbaar. Moenie so oprukkerig wees nie toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.